Nog geld leen is nie die ant­woord om SA se e­ko­no­mie te red

Beeld - - Kommentaar - Wil­lie S­chut­te, Lytt­le­ton

Niel van Vuur­en se spot­prent op die voorblad van Sa­ter­dag se Beeld sê al­les van Suid-A­fri­ka se po­li­tie­ke toe­stand.

Hoe gou­er daar be­sef word dat om geld te leen glad nie die pro­bleem gaan op­los nie, maar eer­der die moe­ras van ban­krot­skap gaan ver­er­ger, hoe be­ter. Suid-A­fri­ka se lei­ers moet hul hand in eie boe­sem steek en be­sef hul­le kan nie meer so ro­jaal met be­las­ting­be­ta­lers se swaar­ver­dien­de geld om­gaan en dit ver­mors op al­ler­lei luuks­he­de en toe­lae nie.

On­be­voegd­heid, baan­tjies vir boe­ties wat nie kan p­res- teer nie en amp­te­na­re wat vir ja­re ge­skors word en steeds vet sa­la­ris­se ont­vang vir niks doen, is van die an­der re­des hoe­kom die land se staats­kas leeg ge­stroop word.

Dan praat ons nie eens van die om­koop­geld vir staats­ten­ders, self­ver­ry­king en die toe­ken­ning van belag­lik hoë sa­la­ris­se nie.

As al die stro­pe­ry van be­las­ting­geld ge­stop word, sal dit nie no­dig wees om geld te leen nie. Suid-A­fri­ka sal ’n voor­uit­stre­wen­de land wees wat waar­lik die ti­tel “Nu­we SuidA­fri­ka” ver­dien. An­ders is dit i­ka­bod met ons land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.