Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

SMS’e kos R1,50

Beeld - - Middelblad -

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

Hoe­kom kla al­mal nou so oor die be­weer­de staat­skaping? Die Broe­der­bond het die land en kerk am­per 40 jaar lank ge­kaap son­der dat ie­mand ge­kla het! – Pie­ter, Tshwa­ne

Ná Su­na Ven­ter se dood is ek keel­vol vir Hlau­di Mot­soe­neng en ’n ho­pe­lo­se SAUK­raad. Ek is keel­vol vir ’n kor­rup­te re­ge­ring met ’n mis­da­di­ger­pre­si­dent. Ek is keel­vol vir mis­luk­te en kor­rup­te mu­ni­si­pa­li­tei­te. Ek is keel­vol vir hier­die land waar­voor ek grens­diens moes doen. – Tom

Ek wil graag weet: Wat is die ver­skil tus­sen om hans­kal­wers groot te maak en hul­le op ’n jaar oud te slag vir vleis, en leeu­, don­kie­ en re­nos­ter­boer­de­rye wat die die­re ge­bruik vir hul kar­kas­se, hui­de en ho­rings? Al­les is mos boerdery en sal die be­wa­ring van die die­re be­vor­der, of hoe? – Wil­lem Ger­ber

S­te­fan Fou­ché stel die teel van leeus vir tro­fee­jag ge­lyk aan die teel en slag van hoen­ders, bees­te en var­ke vir kos. Ek won­der hoe­veel leeus ge­teel en ge­jag sal word as die jag­ter ver­bied sou word om ’n fo­to van hom­self saam met die tro­fee te neem? – O­li­ve, P­re­to­ria

Die po­li­sie­mi­nis­ter, Fi­ki­le M­ba­bu­la, moet nou in­gryp teen die plaas­aan­val­le. Dit ruk hand­uit. Dit kan nie so aan­gaan nie. – Op­pies, Potch

Van­dat ons die dag be­gin werk het, het ons ge­trou ons belasting be­taal. Toe my vier dog­ters ge­trou het, ek het self daar­voor be­taal. Nou moet ek hoor ek het vir die Gup­tas se troue be­taal. Dit is mos to­taal on­moont­lik en on­denk­baar dat hul­le daar­mee kan weg­kom. Ek be­taal belasting so­dat my land kan werk en die ar­mes ver­sorg kan word. Ek wil nie meer belasting be­taal nie! – E­li­se, H

Vol­gens Ti­me is daar da­rem vyf lei­ers ter wê­reld wat on­ge­wil­der as p­res. Do­nald Trump is. Raai­raai, ons p­res. Zu­ma is een van die vyf! – Ina Young

Na aan­lei­ding van Black First Land First (BFL) wat meen Ab­sa het geld ge­steel: Wan­neer gaan hul­le by Zu­ma en sy mee­lo­pers se hui­se be­toog? – A­let Bo­tha, P­re­to­ria

Ek stem saam met Skrik Wak­ker. Die re­ge­ring be­stee mil­joe­ne aan MIV­voor­lig­ting en be­han­de­ling, ter­wyl die geld be­ter be­stee kan word om die volk in te lig oor ge­boor­te­be­per­king. – Su­san Sut­ton

Die kin­der­toe­lae moet tot twee kin­ders be­perk word. Drin­gen­de ge­boor­te­be­per­king is ui­ters no­dig, an­ders stuur Suid­A­fri­ka op ’n ramp af met sy be­perk­te wa­ter­bron­ne. – Be­sin, Noord­wes

Dit gaan my ver­stand te bo­we dat men­se wat ken­ners op hul vak­ge­bied is hul­le soms ver­oor­loof om hul­le op ’n an­der vak­ge­bied ook as ’n so­ge­naam­de ken­ners voor te hou. Die voor­ma­li­

ge reg­ter Jo­hann van der West­hui­zen is klaar­blyk­lik nie ’n ken­ner van ge­loof­sa­ke nie. Is hy te­o­lo­gies be­voeg of gees­te­lik ge­skik om oor gods­diens te skryf? – Lou­is Vil­joen, Kroon­dal

Ek be­taal am­per R5 000 vir ’n mond­plaat­jie by die tand­arts, ter­wyl die­self­de plaat­jie R300 by die tand­heel­kun­di­ge teg­ni­kus kos. As jy kla, sê die tand­arts “dit is die teg­ni­ci wat so duur is”. Hoe werk dit? – Ben, Ray­ton

Hoe­kom moet be­las­ting­be­ta­lers nou vir die uit­ga­wes van die Na­si­o­na­le Ge­sond­heids­ver­se­ke­ring pa staan? – And­rea van Vu­ren

Ek wil by die me­die­se fond­se hoor wat doen hul­le aan dok­ters wat jou o­pe­reer, maar dan is die o­pe­ra­sie ’n mis­luk­king? Jy moet dan ’n op­volg­o­pe­ra­sie kry, wat net so ’n ge­mors is. Wie is ver­ant­woor­de­lik vir daar­die kos­te? Ek dink par­ty dok­ters kom met moord weg en die pu­bliek be­taal. – Jo­han, Potch

Leer­lin­ge wat ek­stra wis­kun­de­klas­se neem, het uit die staan­spoor swak­ker ge­vaar as die groep wat dit nie no­dig ge­had het nie. Net so neem die vol­tooi­ing van huis­werk suk­ke­laars lan­ger as vir leer­lin­ge met s­ter­ker wis­kun­di­ge aan­leg. Dit sou sin­vol­ler ge­wees het om die­self­de groep leer­lin­ge se pres­ta­sie voor die ek­stra klas­se te ver­ge­lyk met hul pres­ta­sie ná ek­stra klas­se. – Pro­gel­di­ge en be­trou­ba­re na­vor­sing, P­re­to­ria

Johannes Fro­ne­man, die me­dia moet oor die waar­heid be­rig. E­ni­ge pu­bli­ka­sie wat ten guns­te of teen ’n saak of per­soon is, is niks an­ders nie as pro­pa­gan­dis­tie­se fop­nuus wat se­ke­re groe­pe se doel­wit­te en be­lan­ge be­vor­der. – Ains­lie

Ek kyk an­kal nie meer 7de laan nie. Die sto­rie­lyn is vrot en van die ak­teurs nog vrot­ter. – A­dri, Vaal­park

Ek kyk Vry­dag­aand rug­by. Die Bul­le wen. Ek sien dit, maar glo dit nie. – HLM

Daar skrik die Flou Nul­le ook wak­ker. Baie ge­luk met jul oor­win­ning, maar dis on­ge­luk­kig te min en te laat. – Jan­nie

Baie be­ter, Bul­le! Jul skop­werk kort eg­ter nog aan­dag. – F­rik, Cen­tu­ri­on

AB de Vil­liers en Rus­sell Do­min­go, ek hoop jul­le het ge­kyk hoe ons vrou­e­krie­ket­span die Win­dies ver­ne­der het! Sal jul­le hul­le kan klop? Nee! – Alf

Geel­ en rooi­kaar­te is som­mer snert. Straf die spe­ler deur ’n deel van sy wed­stryd­geld te­rug te hou. Hoe­kom word die span gestraf? – Jal­lies, T­za­neen

Wel­kom te­rug, An­dré Watson, jy was die laas­te wa­re skeids­reg­ter wat Suid­A­fri­ka ge­had het. Nou moet jy net dié spul­le­tjie reg­ruk deur hul­le on­par­ty­dig­heid en die re­ëls van die spel te leer. – Ja­c­ques, Cen­tu­ri­on

Ná die All Blacks se ne­der­laag Sa­ter­dag teen die B­rit­se en Ier­se Leeus er­vaar Nieu­See­land ook nou ’n be­hui­sings­pro­bleem. Tal­le men­se het met ’n slag te­rug­ge­keer aar­de toe. – WHE, Cen­tu­ri­on

An­di­le Mngx­i­ta­ma van BLF.

Rus­sell Do­min­go

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.