Om ’n sin­vol­le le­wens­doel vir jou­self te vind

Beeld - - Middelblad - E­rik Holm

Ons mens­dom­mes het nog­al ’n pro­bleem om uit te werk wat ons moet doen om van ons le­we sin te maak. An­der le­wen­de we­sens het nie dié pro­bleem nie: As jy ’n leeu is, leeu jy so hard jy kan en dit maak van­self sin en as jy ’n ka­kie­bos is, dan ka­kie­bos jy. Daar is nie moei­li­ke keu­ses nie. Jy doen wat jou ge­ne­ti­ka voor­skryf. Ons oor­groei­de brei­ne het ons ge­ne­ti­ka ont­groei en moet nou self uit­dink waar­voor hul­le goed is.

Daar is ’n baie mooi es­say ge­skryf deur Saint-Exu­péry (die ou wat die won­der­li­ke mooi boek Die klein prins ge­skryf het). Die es­say-ti­tel is: “Die le­we sin gee.” Die ti­tel sê wat sy ge­volg­trek­king is: Die le­we, soos wat ’n mens dit er­vaar, maak nie van­self sin nie. Dit is juis elk­een se werk om sin te gee aan sy in­di­vi­du­e­le le­we – en dit is nie so mak­lik nie.

Daar is twee ma­nie­re om dié moei­li­ke wer­kie te ver­my, al­bei wat daar­op neer­kom dat jy dit uit­stel tot ná jou dood. Die eer­ste is om die wer­kie oor te dra aan jou kin­ders. Dié doen heel waar­skyn­lik die­self­de. Men­se wat soos Ri­chard Da­w­kins glo dat die e­nig­ste doel en sin van le­we voort­plan­ting is, kan waar­skyn­lik heel­te­mal rus­tig en te­vre­de so aan­gaan.

Die twee­de is om die sin van jou le­we na die hier­na­maals uit te stel. “Die wê­reld is my wo­ning nie,” sê To­ti­us. Die be­lof­te van le­wen­sin in die hier­na­maals gaan in al­le ge­lo­we ge­paard met voor­waar­des vir ’n leef­styl op aar­de. Dié kan op sig­self sorg vir ’n sin­vol­le le­we, as die voor­waar­des sin­skep­pend is – soos naas­te­lief­de, ’n plig om jou ta­len­te aan te wend en re­spek vir die bo-in­di­vi­du­e­le wet­te van die skep­ping en S­kep­per. Dit is wel ’n ge­vaar­li­ke ma­nier van sin skep in die han­de van dié wat hul eie (baie aard­se) be­lan­ge daar­deur be­vor­der. Dan sien ons die ver­tra­ging van aard­se waar­des en kul­tuur, soos mooi ge­ïl­lus­treer deur I­sis, in ruil vir ’n lek­ker he­do­nis­tie­se hier­na­maals.

Maar dit is nie net uit­ge­stel­de le­wen­sin wat ver­koop word nie. Po­li­tie­ke par­tye en i­de­o­lo­gieë, mis­da­di­ge ben­des, New Age-fi­lo­so­fieë en leef­styl­ghoe­roes ver­koop met groot suk­ses le­wen­sin aan dié wat nie sin van hul eie le­we kan maak nie.

Be­te­ken dit men­se kan me­kaar nie help om sin te maak nie? Al­ler­mins! Wat sin maak, maak sin in kon­teks. En ons men­se is vir me­kaar die be­lang­rik­ste kon­teks. ’n Sin­vol­le on­der­ne­ming kan groei om sin en kon­teks te skep vir dui­sen­de in­di­vi­du­e­le men­se, wat hul in­di­vi­du­e­le sin daar­in kan ver­we­sen­lik. Die ka­te­dra­le wat in Eu­ro­pa ge­bou is, het ge­ne­ra­sies lank die won­der­lik­ste kre­a­tie­we sin ge­skep vir vak­man­ne wat daaraan ge­werk het. Hoe­wel ’n hon­ger­loon be­taal is, het el­ke vak­man sy werk­plek na­ge­laat aan sy oud­ste seun as sy waar­de­vol­ste erf­la­ting.

Hoe her­ken mens ’n sin­vol­le on­der­ne­ming? Dit moet se­ker­lik ten min­ste die sin van le­we be­aam. Die on­der­ne­ming moet soos al­les wat leef sen­si­tief wees vir al­les wat aan­gaan en ver­an­der (in­slui­tend die nu­we en on­ver­wag­te) en kre­a­tief daar­op re­a­geer – ook met heel nu­we i­ni­si­a­tie­we. Wat ook al die mens doen, moet hy ge­du­rig self kre­a­tief ver­be­ter, ook son­der druk van bui­te. Dit is wat le­we doen, nie net voort­plant nie – en in so ’n be­dryf kan mens ’n sin­vol­le le­wens­doel vir jou­self vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.