Ses sterf toe bus stil­staan­de lor­rie tref

Beeld - - Middelblad - El­sje du Toit

Die po­li­sie on­der­soek of ’n stil­staan­de vrag­mo­tor dui­de­lik sig­baar was vir an­der ver­keer toe ’n In­ter­sta­te-bus gis­ter­og­gend vroeg teen die vrag­mo­tor ge­bots het, wat tot die dood van min­stens ses pas­sa­siers ge­lei het.

Op die bus, wat 113 men­se kan ver­voer, was daar 89 pas­sa­siers. Die bus het die stil­staan­de vrag­mo­tor glo so hard ge­tref dat die vrag­mo­tor ge­tol het en met sy neus in die rig­ting van die aan­ko­men­de ver­keer tot stil­stand ge­kom het. Daar was nie­mand in die vrag­mo­tor nie.

Die on­ge­luk het gis­ter om­streeks 05:50 op die N8 so­wat 15 km bui­te Bloem­fon­tein ge­beur.

Vol­gens die po­li­sie word ’n klag van straf­ba­re man­slag on­der­soek.

Ses vroue is op die to­neel dood ver­klaar na­dat hul­le deur die slag uit die bus ge­slin­ger is. So­wat 50 men­se is be­seer. Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24, sê by die nood­diens­te se aan­koms op die to­neel het tal­le be­seer­des langs die bus ge­lê, ter­wyl an­der op die to­neel rond­ge­loop het.

“Hul be­se­rings het ge­wis­sel van ge­ring tot kri­tiek. Hul­le is na ver­skeie hos­pi­ta­le in Bloem­fon­tein ge­bring.”

Vol­gens die po­li­sie het die vrag­mo­tor langs die N8 ge­staan om­dat dit on­klaar ge­raak het.

Die o­wer­he­de was nog tot ná 10:00 op die to­neel.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

O­wer­he­de op die to­neel van die on­ge­luk bui­te Bloem­fon­tein tus­sen ’n bus en vrag­mo­tor wat min­stens ses le­wens ge­ëis het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.