Nóg ’n boer in NW ver­moor

‘Pre­mier se uit­spra­ke ver­er­ger si­tu­a­sie’

Beeld - - Middelblad - Su­san Cil­liers

Pa­trick I­tu­meng (68) het die na­week die vier­de boer ge­word wat die af­ge­lo­pe drie maan­de in ’n plaas­aan­val in Noord­wes ver­moor is.

I­tu­meng is ver­moor net ’n dag voor­dat El­sa Eras­mus (74) op haar plaas in die S­chwei­zer-Re­ne­ke-dis­trik ver­moor en moont­lik ook ver­krag is.

I­tu­meng en sy vrou is Vry­dag­aand op hul plaas, F­ries­land, in die Vry­burg-dis­trik oor­val.

Vol­gens sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, het vyf ro­wers die I­tu­mengs oor­val, met wa­pens ge­dreig en geld ge­vra. Ter­wyl I­tu­meng se vrou geld gaan haal het, het ’n stru­we­ling tus­sen hom en die ro­wers ont­staan.

“Vier sko­te het af­ge­gaan, waar­van een die man in die kop en sy vrou in die hand ge­tref het.”

I­tu­meng is op die to­neel dood en sy vrou is nog in die hos­pi­taal. “Ons kan nie nou al haar naam be­kend maak nie,” sê Mo­le­ko.

Dis onduidelik of iets uit die huis ge­steel is. Die ro­wers is nog op vrye voet. Die po­li­sie on­der­soek ’n klag van moord en po­ging tot moord.

S.P. Mot­swe­ny­a­ne, waar­ne­men­de DA-lei­er in Noord­wes, sê die par­ty ver­oor­deel “hier­die aak­li­ge moor­de” ten sterk­ste.

“Dis die jong­ste in ’n reeks van voor­val­le. I­tu­meng en Eras­mus het die reg ge­had om vei­lig tuis te wees, maar hul­le is aan­ge­val en ver­moor. Ons ge­be­de en ge­dag­tes is by hul ge­lief­des en die ge­meen­skap wat ge­raak word deur sul­ke laf­har­ti­ge mis­da­de.”

B.C. G­rey­ling is in Mei na­by San­nies­hof dood­ge­skiet en Han­no S­teyn op 16 Ju­nie na­by Lich­ten­burg.

Mot­swe­ny­a­ne sê die DA vra lank­al om die stig­ting van lan­de­li­ke vei­lig­heids­een­he­de in boe­re­ge­meen­skap­pe. Dié on­lang­se aan­val­le wys hoe nood­saak­lik dit is.

“Ons weet boe­re­ge­meen­skap­pe is be­son­der kwes­baar vir ge­weld­mis­daad en op­rui­en­de uit­spra­ke soos dié van Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo (Noord­wes se pre­mier) ver­er­ger dit.” Ma­hu­ma­pe­lo het die na­week op die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie ’n re­fe­ren­dum ge­vra om die Grond­wet te ver­an­der so­dat grond son­der ver­goe­ding af­ge­vat kan word.

Mot­swe­ny­a­ne sê boe­re kry reeds swaar weens die droog­te en die pre­mier se uit­spra­ke dra nie by tot ’n in­klu­sie­we sa­me­le­wing waar men­se vei­lig kan woon en werk nie.

A­gri Noord­wes en A­friForum het Ma­hu­ma­pe­lo voor­heen ook al van ras­sis­tie­se en an­ti-wit-uit­spra­ke be­skul­dig wat ’n kli­maat van on­ver­draag­saam­heid skep.

B­ri­an Set­swam­bung, Ma­hu­ma­pe­lo se woord­voer­der, ont­ken dit en sê daar is ver­skeie pro­gram­me in die pro­vin­sie om he­ling en ver­soe­ning tus­sen ras­se­groe­pe te be­werk­stel­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.