Blom­me neer­ge­sit, ver­moor

Beeld - - Middelblad - Su­san Cil­liers

El­sa Eras­mus het kort voor­dat sy op haar plaas in Noord­wes ver­moor is blom­me uit haar tuin gaan neer­sit op die plek waar haar man op die plaas dood is.

Sy het dik­wels ge­sê men­se “raas en ba­klei” met haar om­dat sy vrou-al­leen op die plaas bly ná Hen­drik Eras­mus se dood drie jaar ge­le­de, het ds. Theuns S­teyn van die NG ge­meen­te A­ma­lia, waar Eras­mus skri­ba was, gis­ter ge­sê.

“Sy het ge­sê dis waar sy wil wees en dat sy vei­lig en rus­tig voel.”

Hen­drik en El­sa het se­dert hul troue in 1968 op die plaas in die A­ma­li­a­om­ge­wing na­by S­chwei­zer-Re­ne­ke ge­woon.

Ro­wers het die 74-ja­ri­ge El­sa ver­moe­de­lik ver­moor en­ke­le ure na­dat sy die blom­me gaan neer­sit het en heel moont­lik ver­krag. Die ver­krag­ting en pre­sies hoe sy dood is moet nog met ’n lyk­skou­ing be­ves­tig word, sê sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes.

El­sa se naak­te lyk is Son­dag­og­gend laat en­ke­le ki­lo­me­ters van die plaas­huis ge­vind. Haar han­de was ag­ter haar rug vas­ge­bind en sy het met haar ge­sig on­der­toe ge­lê, by ’n kol bloed. ’n Bron sê El­sa is ver­moe­de­lik met haar eie wapen ge­skiet.

“Sy is ver­niel,” sê die bron. Die ro­wers het on­der meer haar .22-ge­weer uit ’n kluis in die plaas­huis ge­steel.

Fa­mi­lie­le­de, boe­re in die om­ge­wing en die po­li­sie het Sa­ter­dag­mid­dag na El­sa be­gin soek toe hul­le haar nie te­le­fo­nies kon be­reik nie.

An­dré Pie­naar, ’n boer wat help soek het, sê hul­le het Son­dag ’n vars bos­sie blom­me aan­ge­tref by die hoek­paal op die plaas waar Hen­drik dood is toe hy ’n hart­aan­val ge­kry en in dié paal­tjie vas­ge­ry het.

“Ons het die­self­de blom­me in El­sa se tuin ge­sien.”

Die moor­de­naars het Sa­ter­dag by die huis in­ge­breek.

Hul­le het El­sa ver­moe­de­lik in­ge­wag toe sy te­rug­ge­kom het van die veld, waar sy die blom­me gaan neer­sit en lek vir die bees­te gaan gooi het. Dief­we­ring was oop­ge­buig en die aan­val­lers het die e­lek­tri­si­teit af­ge­ska­kel.

Die huis was bin­ne om­ge­dol­we toe be­sorg­des laat Sa­ter­dag­mid­dag daar aan­kom. El­sa en haar Toyota-bak­kie was skoon­veld.

Die po­li­sie en boe­re, van so ver as Vry­burg en Kim­ber­ley, het help soek na haar, ook met pri­va­te he­li­kop­ters.

Die ver­la­te bak­kie is Son­dag­og­gend ’n paar ki­lo­me­ter van die huis ge­vind.

El­sa se lyk is en­ke­le ure la­ter van­uit ’n po­li­sie­he­li­kop­ter ge­waar, so­wat 300 m van die bak­kie.

S­teyn sê die ge­meen­skap is ge­trau­ma­ti­seer en El­sa se kin­ders is stuk­kend. “Ons sal die be­graf­nis eers kan be­gin re­ël na­dat die lyk­skou­ing af­ge­han­del is.”

’n Boer in die ge­meen­skap sê hul­le is moe­de­loos oor die vlaag van plaas­aan­val­le se­dert Mei in Noord­wes waar­in drie men­se ver­moor is.

“Ons wil par­le­ment toe gaan en sal eie reg be­gin ge­bruik deur te skiet as ie­mand in ons hui­se be­trap word. Ons voel die po­li­sie laat ons in die steek.”

Nie­mand is teen gis­ter­mid­dag nog in heg­te­nis ge­neem nie. ) Die moord op El­sa is die vier­de plaas­moord in net min­der as drie maan­de in Noord­wes.

B.C. G­rey­ling is in Mei op sy plaas na­by San­nies­hof dood­ge­skiet en sy vrou, Mar­let­te, ge­wond.

Han­no S­teyn is in Ju­nie op sy plaas na­by Lich­ten­burg dood­ge­skiet.

Pa­trick I­tu­meng is Vry­dag­aand op sy plaas na­by Vry­burg dood­ge­skiet.

El­sa Eras­mus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.