SA mis­bruik sy wild, sê reis­groep

‘Dit vul toe­ris­te met af­gry­se’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die in­ter­na­si­o­na­le be­wa­ringsko­a­li­sie Tou­ris­ts A­gainst Trop­hy Hun­ting (Tath) het Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, in ’n ope brief ver­soek om ter wil­le van die be­houd van die wil­de leeu en Suid-A­fri­ka se naam as toe­ris­te­be­stem­ming die ge­blik­te­leeu­be­dryf “eens en vir al­tyd” te sluit.

Ju­dy Ma­lo­ne, Tath se sa­me­roe­per, sê in die brief die in­ter­na­si­o­na­le ge­meen­skap is woe­dend oor Mo­le­wa se aan­kon­di­ging dat Suid-A­fri­ka voort­aan jaar­liks 800 leeuske­let­te na die Oos­te gaan uit­voer.

Ma­lo­ne skryf Tath be­staan uit be­wa­rings­kun­di­ges, e­ko­loë, rei­si­gers, reis­a­gent­skap­pe, skry­wers en blog­gers en het toe­gang tot “dui­sen­de men­se op so­si­a­le me­dia”.

Vol­gens Ma­lo­ne vra Tath nie dat voor­ne­men­de toe­ris­te SuidA­fri­ka boi­kot nie, maar lig die ko­a­li­sie men­se in oor die ma- nier waar­op die land “sy wild mis­bruik”.

Sy sê die in­lig­ting oor die wild­be­dryf in Suid-A­fri­ka word wyd ver­sprei.

Vol­gens Tath is daar tal­le be­wy­se van voor­ne­men­de toe­ris­te wat af­ge­skrik word deur die ge­blik­te­leeu­be­dryf.

Vol­gens Tath is be­wa­rings­kun­di­ges van oor die wê­reld heen dit eens dat die han­del in leeu­been­de­re of -ske­let­te die stroop van die die­re nie stop­sit nie.

Die ver­han­de­ling van leeuske­let­te stook ook die vraag na die pro­duk in A­sië.

Die aan­na­me dat die teel van leeus in ge­van­gen­skap wil­de leeus be­skerm, is dus ge­heel en al vals.

“Toe­ris­te is met af­gry­se ge­vul oor die so­ge­naam­de be­gin­sel van vol­hou­ba­re be­nut­ting van wild, soos in u de­par­te­ment ge­pro­pa­geer word,” lui die brief.

“Ko­ning leeu word (in SuidA­fri­ka) tot ’n han­dels­pro­duk ge­re­du­seer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.