Bees le­wend ge­slag ná bot­sing

Beeld - - Nuus - Ros­lyn Baat­jies

Sy het ’n bees nog nooit so erg be­angs hoor bulk soos die een wat Son­dag­aand le­wend bui­te King Wil­li­am’s To­wn ge­slag is nie, sê ’n in­spek­teur van die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) in die dorp.

Dié vrou, wat nie haar naam be­kend ge­maak wil hê nie, sê sy het net ná 18:00 ’n op­roep van ’n vrou ge­kry dat sy ’n bees na­by B­reid­bach bui­te die dorp raak ge­ry het en dat hy erg be­seer is.

“Ek het na die plek ge­gaan en toe ek daar kom, was daar men­se om hom wat be­sig was om hom le­wend te slag.

“Ek het in my bak­kie ge­sit en ge­hoor hoe erg ’n ge­mar­tel­de dier bulk. Ek het ge­dink ek het ’n dier om­ge­ry,” sê sy ont­steld.

Sy wou die so­wat 20 men­se daar weg­hou van die dier.

“Ek het ge­sê hul­le moet hom los, waar­op hul­le my ge­vra het of ek Su­per­man is.

“Ek het ge­ant­woord dat ek die bees net wil help en toe skiet ek hom en sny hom keel­af.”

Sy sê een van die bees se bou­de was al af­ge­kap toe sy daar aan­ge­kom het en ’n man was be­sig om met ’n byl aan die dier te kap.

“Al­mal was des­pe­raat vir ’n stuk vleis. Daar was geen keer aan hul­le nie.

“Daar was geen po­li­sie­lid na­by nie en toe ek weg is, het hul­le voort­ge­gaan om die dier te kap,” sê sy.

Die Na­si­o­na­le Raad van DBV’s ver­oor­deel die om­stan­ders se op­tre­de.

“Dit is on­be­gryp­lik dat dié men­se son­der me­de­lye op­ge­tree het en ’n dier ge­mar­tel het om die vleis te eis en die plei­dooie van die DBV-in­spek­teur ge­ïg­no­reer het,” sê Ja­co Pie­ter­se, woord­voer­der.

Kapt. N­ko­sik­ho M­zu­ku, po­li­sie­woord­voer­der, sê hy sal vas­stel of klag­te oor die voor­val aan­han­gig ge­maak is.

Fo­to: WERNER HILLS

Rond­lo­per­bees­te stap in en om C­hel­se­astraat in K­wa­magx­a­ki in Port E­li­za­beth. ’n Bees wat Son­dag in ’n bot­sing met ’n mo­tor in King Wil­li­am’s To­wn was, is le­wend deur in­wo­ners ge­slag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.