Leeu­telers bly oor be­sluit

Beeld - - Nuus -

Die Suid­A­fri­kaan­se Roof­dier­te­lers­ver­e­ni­ging (Sa­pa) loof Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, vir haar “wys­heid en moed” om ’n kwo­ta vas te stel vir die uit­voer van die been­de­re van leeus na A­si­a­tie­se en an­der lan­de.

Sa­pa, wat so­wat 200 leeu­boe­re ver­teen­woor­dig, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê Mo­le­wa moet daar­voor ge­loof word dat sy on­danks vu­ri­ge aan­val­le deur “on­in­ge­lig­te fak­sies” deur­ge­druk het met die vas­stel­ling van die kwo­ta.

Vol­gens Sa­pa het Mo­le­wa ’n “deeg­li­ke, deur­sig­ti­ge en we­ten­skap­li­ke pro­ses” in­ge­vol­ge die kon­ven­sie oor die in­ter­na­si­o­na­le han­del in be­dreig­de spe­sies (Ci­tes) se voor­skrif­te ge­volg toe sy die kwo­ta be­paal het.

Sa­pa wys daar­op dat die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke in sy bi­o­di­ver­si­teits­be­stuurs­plan “dui­de­li­ke on­der­skeid” tus­sen wil­de leeus en “be­stuur­de wil­de leeus” tref.

“Die mi­nis­ter het dit nog al­tyd dui­de­lik ge­stel dat haar pri­o­ri­teit by die be­wa­ring van wil­de leeus lê. Leeus wat in ge­van­gen­skap ge­teel word, word nie in­ter­na­si­o­naal as deel van die leeu­be­vol­king in Suid­A­fri­ka be­stem­pel nie. Die leeu­been­de­re (wat uit­ge­voer sal word) sal nét kom van leeus wat in ge­van­gen­skap ge­teel is en dit hou geen be­drei­ging vir wil­de leeu­be­vol­kings in nie,” sê Sa­pa.

Die ver­e­ni­ging sê leeus is die­re wat baie vin­nig in ge­van­gen­skap aan­teel en daar­om “werk­lik ’n vol­hou­ba­re hulp­bron”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.