Ak­teur be­kroon wat 49 ka­rak­ters ver­tolk

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

E­ni­ge ak­teur wat op een dag 49 ver­skil­len­de ka­rak­ters kan ver­tolk, ver­dien ’n prys.

Die pro­duk­sie Sta­te Frac­tu­re (deur Mi­ke van Graan en re­gie deur Rob van Vuur­en) waar­in die ak­teur Da­niel M­pi­lo Ri­chards 23 ka­rak­ters ver­tolk, het hier op die Na­si­o­na­le Kunstefees op Gra­ham­stad ’n O­va­ti­on-prys ge­kry. Die pry­se ver­eer pres­ta­sie op Suid-A­fri­ka se groot­ste en oud­ste kunstefees en word daag­liks deur ’n span be­oor­de­laars be­slis.

’n Paar uur voor­dat hy die ge­jok en ge­fuif van die po­li­ti­ci in hier­die stuk ta­kel, is hy ook te sien in Pay Back the Cur­ry wat ver­le­de jaar ge­ho­re in Gra­ham­stad, en ver­der, ver­o­wer het.

In Jo­han­nes­burg is Ri­chards on­langs met ’n Na­le­di-prys vir bes­te nu­we­ling vir sy aan­deel hier­in be­loon.

“Dis uit­put­tend om bei­de op een dag te doen,” er­ken hy. “Sta­te Frac­tu­re is baie meer fi­siek en ek sweet be­hoor­lik ter­wyl ek op die ver­hoog is. Die teks is ook baie vin­ni­ger en op die man af as in Cur­ry.”

Hoe­wel die twee een­per­soonstuk­ke uit po­li­tiek ge­bo­re is, deur po­li­tiek ge­voed is en die po­li­tie­ke si­tu­a­sie in ons land op die ver­hoog sit, word dit op so ’n ma­nier ge­doen dat dit ver­maak. Ab­sur­di­tei­te en die waar­heid kom in die soek­lig, maar nie­mand ver­laat die lo­kaal ver­we­se of be­druk nie. Die drie­man­skap van Van Graan, Ri­chards en Van Vuur­en trip­pe-trap­pe-tro­ne nie met hier­die pro­duk­sies nie. Hul­le lê vuis in.

“Ons laat geen steen on­aan­ge­roer om die ge­hoor te ver­maak nie. Daar is ook nie­mand wat nie by­ge­kom word nie. Elk­een kry dalk ’n dwars­klap, maar al­mal kry dit in die­self­de ma­te,” sê hy.

Hy praat ook nie som­mer van din­ge waar­van hy niks weet nie. Hy het groot­ge­word in ’n huis waar daar se­dert sy kin­der­dae po­li­tiek ge­praat word. Hy is deeg­lik in­ge­lig.

Dan is hy boon­op ie­mand wat ewe be­dre­we ’n S­ha­ke­spea­re-ka­rak­ter kan ver­tolk as ’n hoen­der. Dit be­wys hy deeg­lik in Sta­te Frac­tu­re. Die een oom­blik klap hy sy vler­kies en ver­tel so­veel hoen­der­grap­pe en -ver­ge­ly­kings as wat jy maar kan be­geer. Dit kan na­tuur­lik net in En­gels werk met vol­maak­te woord­spel.

Oom­blik­ke daar­na ver­tolk hy Ro­meo so­wel as Ju­liet in ’n “skool­pro­duk­sie”. Die pro­bleem is dat Ro­meo en Ju­liet van ver­skil­len­de ras­se is en S­ha­ke­spea­re ver­loor to­taal sy woor­de en is sy kluts gou kwyt. En wan­neer Ro­meo sterf, roep hy nie na sy ge­lief­de Ju­liet nie, maar na ie­mand to­taal a­we­regs.

“Ek skrik nie vir S­ha­ke­spea­re nie. Ek kan dit op die ver­hoog han­teer. Hier­die stuk­kie en die ver­skil­len­de gre­pe uit S­ha­ke­spea­re se dra­mas wat in Cur­ry ge­sien word, is net so on­ge­loof­lik slim ge­bruik. Ek kan nie an­ders as om dit te ge­niet nie.”

Ri­chards is ook ’n op­ge­lei­de dan­ser en hy sorg vir die cho­re­o­gra­fie in al­bei stuk­ke. Wan­neer hy aan die be­gin van Cur­ry maar net lit­te los­maak voor­dat die ak­sie be­gin, trek hy jou in by sy stil spel en be­weeg­lik­heid. Dit lyk as­of daar nie ’n pas­sie, ak­sent, ka­rak­ter of e­mo­sie is wat hy nie to­taal be­mees­ter nie.

Da­niel Ri­chards

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.