Wer­ke van groot na­me in Goud­stad op­ge­veil

Beeld - - Kuns & Vermaak - El­re­tha B­ritz Die vei­ling is op 17 Ju­lie om 17:00 en 20:00 in The Park Hou­se of E­vents, Jo­han­nes­burg.

Die werk van ’n in­ter­na­si­o­naal ge­vier­de kuns­te­naar soos Ma­ri­na A­bra­mo­vic tot ver­sa­me­laars­kuns van Mag­gie Laub­ser, Ce­cil S­kot­nes, Pier­neef en kos­ba­re wer­ke van ei­e­tyd­se plaas­li­ke kuns­te­naars word van­dees­maand deur Aspi­re Art Aucti­ons in Jo­han­nes­burg op­ge­veil.

Op­win­ding heers reeds oor Gol­den Mask, die eer­ste werk van A­bra­mo­vic wat in Suid-A­fri­ka te koop is. Dit beeld haar ge­sig in ver­lig­te blad­goud uit.

Die e­nig­ste kon­tem­po­rê­re A­fri­ka­kuns van bui­te Suid-A­fri­ka is deur Pas­ca­le Mar­thi­ne Ta­you, dees­dae ’n Bel­gie­se bur­ger. Aspi­re het ’n pit­ti­ge werk oor Marx se kri­tiek op po­li­tie­ke e­ko­no­mie van hom be­kom.

Van die plaas­li­ke kuns­te­naars wat hul stem­pel in­ter­na­si­o­naal af­ge­druk het, is daar Wil­li­am Ken­trid­ge se te­ke­ning Lo­vers in a Pond en Ken­dell Geers se Bor­der Or­der.

Min vei­lings bied nie ’n Mag­gie Laub­ser nie, en in dié ge­val is ’n i­dil­lie­se Oos-Vry­staat­se land­skap na­by Ficks­burg van die 1950’s te koop.

Dié wat die Suid-Kaap­se land­skap ver­kies, sal dalk in Pe­ter Clar­ke se Fi­gu­res on a Path be­lang stel en Bos­veld-lief­heb­bers in ’n Pier­neef.

Die vei­ling sluit ook gou­ache-, wa­ter­verf- en beeld­hou­werk van Ir­ma S­tern in uit die tyd­perk net voor­dat sy na Ma­dei­ra ver­trek het.

’n Bui­ten­ge­woon groot skil­de­ry van Wal­ter Bat­tiss, krag­ti­ge beel­de van An­ton van Wouw, in­slui­tend The Bush­man Hun­ter, ’n brons­werk van E­do­ar­do Vil­la en Nor­man Cat­her­i­ne se S­pea­ker be­hoort ook op­ge­raap te word.

S­pea­ker le­wer kom­men­taar op klep­to­kra­sie en staat­skaping, al het die kuns­te­naar dit reeds in 1988 ge­skep.

S­kot­nes, een van Suid-A­fri­ka se in­vloed­ryk­ste kuns­te­naars, se be­ken­de kerf­werk is ook deel van die vei­ling. Dit beeld die le­we en dood van die Zoe­loe­ko­ning S­ha­ka uit.

On­der die ei­e­tyd­se kuns­te­naars is Mo­hau Mo­di­sa­keng, wat die ver­hou­ding tus­sen sy lyf en die ge­skie­de­nis uit­beeld, en A­thi-Pa­tra Ru­ga met ’n to­neel van ’n man wat hom­self in ’n spie­ël be­skou.

Mo­di­sa­keng is S­tan­dard Bank se Jong Kuns­te­naar vir 2017 en van sy werk is tans deel van die Ve­ne­sie­se Bi­ën­na­le; en Ru­ga se skep­pings word nou in die Lou­is Vuit­ton-stig­ting in Pa­rys, Frank­ryk, uit­ge­stal.

Dans­lief­heb­bers be­hoort be­lang te stel in Do­reen Southwood se in­stal­la­sie The Dan­cer. Dié werk, wat in 2008 in die Pa­laz­zo del­le Pa­pes­se in Si­ë­na, I­ta­lië, uit­ge­stal is, is ’n re­ak­sie op Ed­gar De­gas se be­ken­de im­pres­si­o­nis­tie­se Dan­cer. )

S­pea­ker (ge­meng­de me­dia op ’n ba­sis van 174 cm) deur Nor­man Cat­her­i­ne is een van tal­le ge­sog­te kuns­wer­ke wat op 17 Ju­lie in Jo­han­nes­burg op­ge­veil word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.