Dit lyk of vroue hul sê gaan sê op fees

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die vier jon­ges was ook op die vlieg­tuig na Port E­li­za­beth. Een van hul­le was op pad om te gaan boe­te doen vir ge­slag­te se on­ge­reg­tig­heid. Maar dit sou eers die vol­gen­de dag uit­speel.

Die ak­teurs Tan­ki­so Ma­ma­bo­lo, Em­ma Kot­ze, Ki­ros­han Nai­doo en C­leo Raat­us is be­kend in Kaap­stad. Hul­le het ’n uit­da­gen­de i­dee met hul­le saam­ge­bring na die Na­si­o­na­le Kunstefees in Gra­ham­stad. Die skry­wer en re­gis­seur van die stuk Re­pa­ra­ti­on is A­meera Con­rad.

Ve­ron­der­stel jy be­vind jou in die nu­we Suid-A­fri­ka. Daar­die i­ko­nie­se fo­to van Fran­cois Pie­naar en Nel­son Man­de­la met die groot rug­by­wê­reld­be­ker is ’n vae her­in­ne­ring.

Die Su­pre­me Ca­d­re (die vrou aan die stuur van A­za­nia-Suid in 2024) be­dink ’n i­dee van boe­te­doe­ning op ’n heel an­der vlak. Ve­ron­der­stel een wit vrou of­fer haar le­we op en wis daar­mee al­le skuld van die ver­le­de uit. Dit klink so een­vou­dig. Be­hal­we as jy die een is op wie die keu­se val. Wie wil nou eint­lik daar­die een set­laar wees vir wie die een laas­te koe­ël be­doel is? Ve­ral as jy geen aan­deel in die fou­te van die ver­le­de ge­had het nie . . .

As daar ’n i­de­a­le ka­rak­ter is wat juis hier­die soort boe­te kan doen, vind jy haar in die ka­rak­ter He­len in Mi­ke van Graan se stuk He­len of Troy­e­vil­le. Die ak­tri­se Gi­na Shmu­kler is in die ti­tel­rol.

Sy sit op­ge­sluit in die gas­te­toi­let en twee jong mans is be­sig om haar huis te plun­der. Sy be­gin na­dink oor din­ge wat ge­beur het, din­ge waar­aan sy nie reg­streeks skuld het nie en waar­voor sy dik­wels haar oë ge­sluit het.

Sy ver­per­soon­lik die lie­we wit vrou wat vir haar huis­houd­ster se kin­ders ge­leent­he­de skep, wat spyt is oor din­ge wat ge­beur het en wat pro­beer om sin te maak van al­les wat in die land aan­gaan.

As ou­ma dink sy oor die toe­koms van haar klein­kin­ders. Sy wil bly leef, maar aan die ein­de is daar ’n stil be­rus­ting. Sy gaan kies hoe sy haar (moont­li­ke) ein­de sal in­gaan.

Dis nog­al raar om twee pro­duk­sies met ’n ge­meen­skap­li­ke te­ma op die­self­de dag te sien. Hoe­wel die een se si­tu­a­sie meer ab­surd is as die an­der, neig die dra­de om te kruis.

Dis dalk nog te vroeg in die fees om oor te­mas te be­spie­gel, maar dit wil lyk of vroue hier­die jaar hul sê gaan sê. En dalk is dit no­dig om van tyd tot tyd deur vroue daaraan her­in­ner te word dat hul­le wel mag praat, wel mag op­staan teen on­ge­reg­tig­heid en mag kies hoe hul­le si­tu­a­sies wil han­teer.

. . . dalk is dit no­dig om van tyd tot tyd deur vroue daaraan her­in­ner te word dat hul­le wel mag praat

Fo­to: SUZY BERNSTEIN

Gi­na Shmu­kler in He­len of Troy­e­vil­le.

Ki­ros­han Nai­doo in Re­pa­ra­ti­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.