Be­we­rings het groot­kop dalk werk ge­kos

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Die Gup­ta-troue in 2013 by Sun Ci­ty het ’n groot­kop by A­lex­an­der For­bes sy werk ge­kos.

Mo­ses K­gosa­na het as nie-uit­voe­ren­de di­rek­teur van A­lex­an­der For­bes be­dank, het dié maat­skap­py gis­ter op Sens ge­sê. Sy be­dan­king het gis­ter in wer­king ge­tree. K­gosa­na sou op 31 Au­gus­tus voor­sit­ter van die maat­skap­py word.

Sy be­dan­king kom ná on­lang­se be­rig­te wat be­weer KPMG Suid-A­fri­ka, waar­van K­gosa­na die uit­voe­ren­de hoof en se­ni­or ven­noot was, was be­wus van on­ge­rymd­he­de by Gup­ta-maat­skap­pye.

Die sen­trum vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek a­ma­Bhun­ga­ne en die nuus­web­werf Dai­ly Ma­ve­rick se on­der­soek­een­heid S­cor­pio het be­rig die Gup­tas het die Vry­staat­se re­ge­ring se sui­wel­pro­jek in Vre­de vir mil­joe­ne ran­de ge­melk om vir die luuk­se troue van ’n fa­mi­lie­lid van vier dae lank by Sun Ci­ty te be­taal.

Fi­nan­si­ë­le sta­te wat in die #Gup­taLe­aks-e-pos­se ge­kry is, wys die pro­jek het in 2013 in ’n tyd­perk van ses we­ke R84 mil­joen na ’n Gup­ta-maat­skap­py se bank­re­ke­ning in Du­bai oor­be­taal. ’n Fo­ren­sie­se on­der­soek wys dat min­stens ’n drie­kwart van dié geld kort daar­na aan twee Gup­ta-maat­skap­pye in Suid-A­fri­ka oor­be­taal is om te be­taal vir die troue, wat min­stens R30 mil­joen ge­kos het.

Lui­dens die be­rig­te en die #Gup­taLe­aks-e-pos­se was KPMG ten ty­de van K­gosa­na se amps­ter­myn be­wus van die be­ta­lings, be­rig Bloom­berg. K­gosa­na het Vry­dag aan Bloom­berg ge­sê die ou­dit­fir­ma was nie be­wus van die be­ta­lings nie en dat e­ni­ge geld­was­se­ry nie deur die boe­ke ge­gaan het wat KPMG ge­ou­dit het nie. Vol­gens K­gosa­na sou die maat­skap­py dit aan die on­af­hank­li­ke re­gu­le­rings­raad vir ou­di­teu­re (Ir­ba) moes o­pen­baar as hy daar­van ge­weet het.

Mo­ses K­gosa­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.