B­ri­an Jof­fe­be­leg­gings­maat­skap­py wil S­ports­mans Wa­re­hou­se koop

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert

Die be­leg­gings­maat­skap­py van die be­ken­de sa­ke­man B­ri­an Jof­fe, Long4Li­fe, wil die klein­han­de­laar Hold­sport, met on­der meer S­ports­mans Wa­re­hou­se en Out­door Wa­re­hou­se in sy stal, koop.

Long4Li­fe het aan die di­rek­sie van Hold­sport aan­ge­dui dat hy daar­in be­lang stel om die to­ta­le uit­ge­reik­te ka­pi­taal van Hold­sport te koop, lui­dens ’n ge­sa­ment­li­ke Sens­ver­kla­ring van die maat­skap­pye. Dit sal deur ’n aan­de­le­rui­ling ge­skied waar­vol­gens aan­deel­hou­ers in Hold­sport 10,44 aan­de­le in Long4Li­fe vir el­ke Hold­sport­aan­deel sal ont­vang.

Jof­fe is die en­tre­pre­neur ag­ter Bid­vest en uit­voe­ren­de hoof van Long4Li­fe, wat in Mei op die JSE ge­no­teer het. Long4Li­fe gaan in fir­mas met ’n “leef­styl”­fo­kus soos skoon­heid­, bui­te­le­we­ en sport­fir­mas, af­tree­oor­de en re­stau­ran­te be­lê.

Die on­der­ne­mings sal ka­pi­taal en stra­te­gie­se in­set­te van Long4Li­fe kry, het hy met die no­te­ring ge­sê. Die on­der­ne­mings moet ’n sterk kontantvloei hê, mark­lei­ers wees met ge­ves­tig­de po­si­sies, min ka­pi­taal be­no­dig en aan­trek­li­ke groei­ge­leent­he­de bied.

Hold­sport se aan­deel­prys het gis­ter ná die aan­kon­di­ging 6% ho­ër teen R61,50 per aan­deel ver­han­del. Long4Li­fe was meer as 3% ho­ër op R6,30 per aan­deel. –

B­ri­an Jof­fe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.