Tie­ner kor­rel straks Sa­ter­dag pa­le toe vir S­tor­mers

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­tor­mers se tie­ner-los­ska­kel, Da­mi­an Wil­lem­se, kan in SP Marais se af­we­sig­heid ge­vra word om die Ka­pe­naars se stel­skop­werk te be­har­tig in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

C­heslin Kol­be het dié taak ver­rig na­dat Marais in die eer­ste helf­te van die na­week se se­ge met 40-34 oor die C­hee­tahs ’n knie­be­se­ring op­ge­doen het, maar die S­tor­mers se be­stuur­span is nou ge­reed om meer ver­ant­woor­de­lik­heid aan Wil­lem­se toe te ver­trou.

“Met die dat dit Da­mi­an se eer­ste wed­stryd in die op­draf­span was, het Vlok­kie (die S­tor­mers se skop­af­rig­ter, Vlok Cil­liers) ge­voel dat C­heslin eer­der met stel­skop­werk ge­taak moet word as ons vir SP ver­loor. Daar­die plan het goed ge­werk,” het die S­tor­mers se vaar­dig­heids­af­rig­ter, Paul Feen­ey, gis­ter ge­sê. “Hier­die na­week is dalk nou ’n goeie kans om Da­mi­an op ons tuis­veld pa­le toe te laat skop. Hy sal dalk ’n paar skop­pe be­har­tig.”

Wil­lem­se se kant­lyn­skop­pe was vir Feen­ey ’n riem on­der die hart teen die C­hee­tahs.

“Vir ons laas­te drie het hy die bal van die mid­del­lyn af tien me­ter kort van die doel­lyn uit­ge­skop. Ek is baie bly dat hy be­reid is om te pro­beer om die bal so na­by as moont­lik in die hoek uit te skop,” sê Feen­ey.

“As af­rig­ters was ons baie bly oor Da­mi­an se ver­to­ning in sy eer­ste wed­stryd in die be­gin­span. Hy het ’n drie ge­druk en baie goed kant­lyn toe ge­skop uit moei­li­ke hoe­ke. Daar sou baie vlin­ders in Da­mi­an se maag ge­wees het en ons ver­wag hy sal met el­ke mi­nuut se speel­kans nou be­ter raak.”

Feen­ey het by­ge­voeg dat Marais waar­skyn­lik van sy be­se­ring sal her­stel vir aan­staan­de week se laas­te li­ga­wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus.

Die S­tor­mers gaan Sa­ter­dag teen die Sun­wol­ves ook met ’n nu­we sen­ter­paar speel na­dat S­haun T­ree­by en Ju­an de Jongh saam met Marais on­der die slag­of­fers in die Ro­se­stad was. De Jongh het har­sing­skud­ding op­ge­doen, ter­wyl T­ree­by vir twee we­ke bui­te ak­sie gaan wees met ’n rib­be­se­ring.

Die S­pring­bok-sen­ter Da­mi­an de Al­len­de is eg­ter weer fiks en sal waar­skyn­lik saam met EW Vil­joen in die mid­del­veld aan­tree vir die wed­stryd teen die Sun­wol­ves.

In die ag­ter­ste drie­hoek sal die be­se­ring aan Marais waar­skyn­lik be­te­ken dat Se­a­be­lo Se­nat­la in die op­draf­span ge­kies word. Die e­nig­ste vraag is wat­ter een van Kol­be of Dil­lyn Leyds in Marais se plek van die vleu­el af heel­ag­ter toe ge­skuif gaan word.

Selfs al hoef die S­tor­mers waar­skyn­lik nie op vol­le sterk­te te wees om die Sun­wol­ves te kan klop nie, het Feen­ey be­na­druk dat die Ka­pe­naars mo­men­tum wil kry voor die kwart­eind­ron­de.

Die S­pring­bok­ke E­ben Et­ze­beth en Siya Ko­li­si be­hoort daar­om te­rug te keer na­dat hul­le oor die na­week ge­rus het.

“Ons speel op Nu­we­land en moet ag­ting wys vir ons bor­ge en on­der­steu­ners.

“Ons be­na­de­ring gaan wees om ’n sterk span te kies en mo­men­tum te pro­beer bou,” sê Feen­ey.

Da­mi­an Wil­lem­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.