GW se be­swaar oor veld val op do­we ore

Beeld - - Sport - Marnus Kok

Die twee Su­perS­port-half­eind­stry­de sal Son­dag on­danks G­rie­kwas se kap­sie gis­ter daar­teen stééds in M­dant­sa­ne se Si­sa Du­kas­he­sta­di­on bui­te Oos-Lon­den be­slis word.

Die aan­vank­li­ke re­ëls be­paal dat die span met die mees­te pun­te ná die groep­wed­stry­de al­bei half­eind­stry­de op een dag sal aan­bied, wat be­te­ken dat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie gas­heer sou speel. Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie het Son­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê die WP het ná kon­sul­ta­sie met al die re­le­van­te be­lang­heb­ben­des aan­ge­bied om af­stand van sy tuis­veld­voor­deel te doen.

Die WP pak die Blou Bul­le, ter­wyl G­rie­kwas teen die Goue Leeus om ’n plek in die eind­stryd speel.

Jan­nie Louw, pre­si­dent van die G­rie­kwa­land-Wes Rug­by­u­nie (GWRU), sê die lo­gis­tiek daaraan ver­bon­de om van Kim­ber­ley na Oos-Lon­den te reis het hul­le ge­noop om be­swaar aan te te­ken.

“Dis on­ge­rief­lik en ’n lang reis van Kim­ber­ley na Oos-Lon­den,” sê Louw.

Niks het eg­ter gis­ter van hul ver­toë ge­kom nie. Die GWRU gaan nou pro­beer om ’n huur­vlug te be­kom om Sa­ter­dag di­rek na Oos-Lon­den te vlieg. Slaag hul­le nie daar­in nie, sal van kom­mer­si­ë­le vlug­te ge­bruik ge­maak moet word. Weens die be­skik­baar­heid van dié vlug­te sal die helf­te van die span dalk Don­der­dag en die an­der helf­te Vry­dag moet vlieg. Dit sal die span van ’n dag op die oe­fen­veld be­roof.

Louw sê die GWRU was daar­voor te vin­de dat die wed­stry­de op ’n ge­meen­skaps­veld in die Kaap of selfs in Jo­han­nes­burg ge­speel word.

G­rie­kwas was op hul stuk­ke in hul kwarteindstryd Sa­ter­dag in Kim­ber­ley, waar hul­le die OP-Kings met 73-41 af­ge­ran­sel het.

Die vleu­el En­ver Brandt, wat op die nip­per­tjie in­ge­span is in die plek van ’n o­li­ke AJ Coert­zen, het met sy vier drieë dit moei­lik ge­maak om hom nou weg te laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.