Wat is WP se am­bi­sie met dié vleu­els?

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Ter­wyl daar nog nie amp­te­li­ke be­ves­ti­ging was van e­ni­ge aan­wins­te nie, loop die ge­rug­te vir ’n ge­ruim­te tyd al sterk dat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ’n hand­vol spe­lers uit die C­hee­tahs se ge­le­de­re vir aan­staan­de sei­soen wil kon­trak­teer .

Die vleu­els Ser­ge­al Pe­ter­sen en Ray­mond R­hu­le, die sen­ter C­lin­ton Swart en die flank Ou­pa Mo­ho­jé is glo al­mal op die in­ko­pie­lys. Elk­een van hier­die spe­lers het sterk­pun­te, maar is nie goed ge­noeg om my te oor­tuig waar­om hul­le Moe­der­stad toe ge­lok moet word nie.

As die som­to­taal van jou am­bi­sie is om die Cur­rie­be­ker te wen, sal dit nie swak aan­wins­te wees nie. Maar as die WP se vi­sier ge­mik is vir die S­tor­mers om die Su­per­reeks te wen, be­gryp ek nie die spe­le­tjie waar­mee die u­nie be­sig is nie.

Die S­tor­mers se ge­brek aan fi­sie­ke teen­woor­dig­heid in die wye ka­na­le was van­jaar se­ker hul groot­ste swak­punt en ek sou dink dat ’n groot vleu­el wat goed kan ver­de­dig eer­ste op die in­ko­pie­lys moet wees. Nie Pe­ter­sen of R­hu­le nie. En be­slis nie al­bei nie.

Mo­ho­jé kan waar­de toe­voeg, maar se­ker­lik nie ge­noeg om te reg­ver­dig dat jy moont­lik briek moet draai aan loop­ba­ne van be­lo­wen­de jong los­voor­spe­lers soos Ju­ar­no Au­gus­tus, Ernst van R­hyn, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Co­bus Wie­se en Ko­bus van Dyk om sy diens­te te be­kom nie.

Tog loop die ge­rug­te sterk dat die WP met die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) saam­werk om vir Mo­ho­jé Moe­der­stad toe te bring.

Nou ja, dis ook sil­ly se­a­son, so nie als wat ons ore be­reik oor moont­li­ke skui­we deur spe­lers tus­sen pro­vin­sies is nood­wen­dig waar nie.

Die ro­kie oor die C­hee­tahs wat dalk op pad WP toe is trek eg­ter te sterk vir my om e­nig­iets an­ders te ver­moed as dat daar ie­wers ’n vuur­tjie brand. In al­le reg­ver­dig­heid aan die WP doen hy op die kon­trak­te­rings­front ook goeie werk. ’n Hand­vol S­pring­bok­ke is tot 2019 vas­ge­te­ken en Da­mi­an Wil­lem­se se deur­braak die af­ge­lo­pe na­week is nóg ’n be­wys dat daar vir jong spe­lers goeie ge­leent­he­de ge­skep word.

Wan­neer die WP bui­te sy eie gren­se vir spe­lers soek, móét dit eg­ter wees om ’n leem­te aan te vul of om ’n be­ter spe­ler te kry as een wat reeds in sy ge­le­de­re is.

Dis moei­lik om te sien hoe die C­hee­tahs op wie die WP na be­we­ring op jag maak, bin­ne dié ka­te­go­rie val.

Boon­op gaan die Vry­staat­se Rug­by­u­nie waar­skyn­lik ook nie eens kro­ko­dil­tra­ne oor sy vleu­els huil nie. Dis lank­al ’n uit­ge­maak­te saak dat die Kings-blits Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi hom la­ter van­jaar by die Vry­staat-C­hee­tahs gaan aan­sluit.

Vir on­der­steu­ners van die S­tor­mers dié vraag: Wat­ter een van Pe­ter­sen, R­hu­le of Ma­pim­pi sal jul­le die graag­ste in jul span wil hê?

Ma­pim­pi is on­ge­twy­feld die een van dié drie wat ek sou tei­ken. En raai wat, hy is waar­skyn­lik ook die goed­koop­ste. En ek ver­moed hy’s ook die e­nig­ste een wat nie ’n ver­mor­sing van geld ver­teen­woor­dig nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ser­ge­al Pe­ter­sen is glo op pad Kaap­stad toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.