Sa­gan wen 3de Tour­skof on­danks blap­se

Beeld - - Sport - – le­tour.com, bbcsport.com

Die wê­reld­fiets­ry­kam­pi­oen, Pe­ter Sa­gan van Slo­wa­kye (Bo­raHan­gro­he) het gis­ter die der­de skof van die Tour de Fran­ce ge­wen on­danks twee fou­te wat hy be­gaan het in die na­el­rit op pad eind­streep toe.

Die skof oor 213 ki­lo­me­ter het tus­sen Ver­viers (Bel­gië) en Long­wy (Frank­ryk) ge­strek.

Sa­gan se wen­tyd was 5 uur, 07 mi­nu­te en 19 se­kon­des. Hy is ge­volg deur die Aus­tra­li­ër Mi­cha­el Mat­thews (Te­am Sun­web) en die Ier Da­niel Mar­tin (Quick-S­tep Floors).

Die B­rit Ge­raint T­ho­mas (Te­am Sky) het sy al­ge­he­le voor­sprong be­hou na­dat hy ag­ste ge­ëin­dig het.

Maar tot groot on­rus van die an­der ja­ers het die guns­te­ling, Chris Froome (Te­am Sky), tot die al­ge­he­le twee­de po­si­sie in- ge­skuif en is hy nou net 12 se­kon­des ag­ter T­ho­mas.

Sa­gan se voet het in die na­el­rit uit die pe­daal los­ge­raak, maar hy het kop­ge­hou.

“Dis was nie mak­lik nie. Daar was baie druk in die pe­le­ton en aan die ein­de was dit be­slis ’n straw­we klim (eind­streep toe),” het Sa­gan ge­sê.

“Die BMC-span het Ri­chie Por­te in ’n goeie po­si­sie ge­kry en met 400 me­ter oor het ek be­sluit ‘goed, hier gaan ek’.”

“Ek het aan my­self ge­sê dit was te vroeg en toe kom my voet ook los. Nog ’n fout! Maar ek het dit te­rug­ge­kry en is in my nop­pies met my se­ge,” het Sa­gan ge­sê.

Suid-A­fri­ka se Da­ryl Im­pey (O­ri­ca) het af­ge­skuif tot die al­ge­he­le 19de po­si­sie (+45 se­kon­des). Lou­is Mein­tjies (UAE E­mi­ra­tes) is al­ge­heel 42ste en se­wen­de in die af­de­ling vir Jong Ja­ers.

Rei­nardt Jan­se van Rens­burg (Di­men­si­on Da­ta) is al­ge­heel 52ste. Sy span is 11de, 2 mi­nu­te en 36 se­kon­des ag­ter Te­am Sky.

Fo­to: GETTY IMAGES

Pe­ter Sa­gan (mid­del) wen gis­ter se der­de skof van die Tour de Fran­ce tus­sen Ver­viers en Long­wy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.