Ri­ke­net­te: Daar’s ’n wind(jie) wat waai

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Die hek­kies­lo­per Ri­ke­net­te S­teen­kamp het in die na­week Suid-A­fri­ka se vin­nig­ste tyd in die 100 m-hek­kies in by­na twee de­ka­des op­ge­stel, maar die wind het die laas­te sê ge­had.

S­teen­kamp, wat ver­le­de Woens­dag in Ostra­va die eer­ste keer deur die 13 se­kon­des-grens ge­breek het, het dit Son­dag in S­wit­ser­land op­ge­volg deur die i­tem by die Re­sis­print-by­een­koms in 12.92 se­kon­des te wen.

Dis vin­ni­ger as Co­rien Bo­tha se Suid-A­fri­kaan­se re­kord van 12.94 wat in 1998 op­ge­stel is, maar word nie as ’n re­kord er­ken nie om­dat die wind teen 2.01 m/s net-net te sterk ge­waai het.

S­teen­kamp het uit S­wit­ser­land laat weet sy was in haar nop­pies met die tyd, al is dit nie ’n amp­te­li­ke re­kord nie.

“Ek het my­self ver­baas, want daar was baie reis­tyd in my be­ne,” sê sy, met ver­wy­sing na die feit dat sy vir ’n groot deel van Vry­dag van die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek na S­wit­ser­land ge­reis het.

Dié at­leet van Tuks in P­re­to­ria het ver­le­de week in Ostra­va ’n tyd van 12.99 op­ge­stel on­danks die feit dat sy, in haar eie woor­de, “nie net die sta­dig­ste re­ak­sie­tyd van al­mal ge­had het nie, maar ’n tra­gie­se re­ak­sie­tyd”.

S­teen­kamp se wen­tyd gaan ook haar saak ver­sterk by At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) wat bin­ne­kort die span vir van­dees­maand se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den moet aan­kon­dig.

ASA se kwa­li­fi­se­rings­ver­eis­te in die 100-hek­kies is ’n straw­we 12.77, teen­oor die in­ter­na­si­o­na­le lig­gaam (IAAF) se ver­eis­te van 12.98.

Met net drie vroue wat tot dus­ver ASA se ver­eis­te oor­tref het (Cas­ter Se­me­nya in die 800 m, Su­net­te Vil­joen in die spies­gooi en Wen­da Nel in die 400-hek­kies) is dit nie bui­te die kwes­sie nie dat S­teen­kamp se 12.92 die at­le­tiek­ba­se sal oor­tuig om haar ook saam te neem Lon­den toe.

Die na­el­lo­per E­mi­le Eras­mus was by die­self­de by­een­koms twee­de in die 100 m, in 10.21. Le Roux Ham­man was twee­de in die 400-hek­kies (49.70), met Har­dus Ma­ritz der­de (50.09). A­na­so Jo­bod­wa­na het met ’n tyd van 20.78 der­de in die 200 ge­ëin­dig.

.

Ri­ke­net­te S­teen­kamp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.