Gro­wt­hpoint is Ten­nis SA se nu­we hoof­borg

Beeld - - Sport -

Die ei­en­doms­maat­skap­py Gro­wt­hpoint is die nu­we hoof­borg van SuidA­fri­kaan­se ten­nis.

Ri­chard Glo­ver, die uit­voe­ren­de hoof van Ten­nis Suid­A­fri­ka (TSA), het gis­ter aan­ge­kon­dig dat dié maat­skap­py vir die vol­gen­de twee jaar hand aan hand met dié sport gaan stap. Die borg­skap sal fo­kus op trans­for­ma­sie op voet­sool­vlak, ju­ni­or ten­nis en klub­ten­nis.

Vol­gens Glo­ver het die borg­skap die po­ten­si­aal om die toe­koms van ten­nis in Suid­A­fri­ka ’n in­spui­ting te gee. Hy wou nie ’n be­drag noem nie, maar sê “dit sal ’n groot ver­skil maak aan ten­nis in die land”.

Met die nu­we borg be­trok­ke, sal dit stu­krag ver­leen aan TSA se nu­we trans­for­ma­sie­ en ont­wik­ke­lings­plan. Daar­vol­gens word drie nu­we sen­tra vir die ont­wik­ke­ling en daar­stel­ling van ’n na­si­o­na­le ont­wik­ke­lings­groep, be­plan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.