Jan: Ek het am­per op­hou glo in my­self

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Wan­neer jy Jan Ser­fon­tein die laas­te tyd so deur die ga­pings sien glip, is dit haas on­denk­baar dat dié be­gaaf­de rug­by­spe­ler vroe­ër van­jaar ge­twy­fel het of hy nog goed ge­noeg is om op die hoog­ste vlak te speel.

Met al die ske­te wat die laas­te paar sei­soe­ne sy op­gang be­lem­mer het, het twy­fel by hom pos­ge­vat. Dit het ook nie ge­help dat Bur­ger O­den­daal die sei­soen by die Bul­le op bin­ne­sen­ter ver­kies is nie.

Maar Ser­fon­tein het weer ’n hup­pel in sy stap. Vry­dag­aand in die Su­per­rug­by-stryd teen die Haaie in Dur­ban – soos in die af­ge­lo­pe toets­reeks teen Frank­ryk – was hy op sy stuk­ke. Ewe s­kie­lik word weer ver­wys na die “Jan Ser­fon­tein van ouds” – daar­die by­na ver­ge­te sen­ter wat in 2012 so skou­spel­ag­tig die se­ë­vie­ren­de Jong Bok­kies se spil in die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi was.

“Ek het die laas­te ruk be­gin twy­fel in my ver­moë en dit is iets wat jy net op die veld kan ver­dryf.

“Wan­neer jy ’n paar goeie wed­stry­de in ’n ry speel, maak dit ’n groot ver­skil. Dit het my weer die be­sef ge­gee dat ek steeds op die hoog­ste vlak kan mee­ding.

“Dit is al­tyd lek­ker om met so­veel self­ver­troue te speel.”

Die groot vraag is na­tuur­lik hoe Ser­fon­tein uit dié ver­twy­fe­ling ge­kom het.

“Ek dink die ver­an­de­ring in om­ge­wing (van die Bul­le na die Bok­ke) het ’n groot rol ge­speel.

“Dit het ge­help dat ek my met ’n mak­li­ke en een­vou­di­ge spel­pa­troon kon uit­leef op die veld.

“Soms ge­beur dit dat al­les net reg ver­loop en jou self­ver­troue met el­ke wed­stryd groei. Ek is nou op daar­die plek en ek ge­niet dit.”

Ser­fon­tein sê sy ven­noot­skap met Jes­se K­riel be­gin ook vrug­te af­werp.

“As ’n span goed vaar lyk die in­di­vi­due ook goed en dit is wat teen die Haaie ge­beur het.”

Dit lyk dalk nie so nie, maar die 24-ja­ri­ge Ser­fon­tein is steeds nie son­der ske­te nie.

“My hand is nou reg, maar die knie- en rug­pro­ble­me nog nie. Die pyn hou my met tye wak­ker, maar ge­luk­kig be­ïn­vloed dit nie my spel nie.”

Ser­fon­tein groet Lof­tus Vers­feld aan die ein­de van die Su­per­reeks ná vyf sei­soe­ne in P­re­to­ria. Aan­ge­sien hy eers in No­vem­ber sy tas­se vir Frank­ryk pak, is die ver­wag­ting dat hy vir die S­pring­bok­ke in die Rug­by­kam­pi­oen­skaps­reeks sal speel.

“Dit is en was een van my doel­wit­te om op ’n hoog­te­punt klaar te maak by die Bul­le. Ek gaan al­les gee in die hoop dat dit kan ge­beur,” sê hy.

Die Bul­le kom Sa­ter­dag op Lof­tus teen die Sout­hern Kings te staan, waar­na hul­le hul veld­tog tuis teen die S­tor­mers af­sluit. ) Ti­an S­choe­man is in die bin­ne­baan om die nr. 10-trui teen die Kings te dra na­dat To­ny Jan­tjies ’n rib­be­se­ring in Dur­ban op­ge­doen het.

Die los­voor­spe­ler Re­nal­do Both­ma het sy arm ge­breek en sal ’n ge­rui­me tyd uit ak­sie wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Bul­le se Jan Ser­fon­tein loods een van sy ken­mer­ken­de lo­pies. Die self­ver­troue is te­rug en dié Bok­sen­ter speel weer kook­wa­ter­rug­by saam met sy na­si­o­na­le ska­kel­maat Jes­se K­riel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.