Groen Pro­te­as, nu­we kap­tein

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

De­an El­gar is nie net ’n baie on­er­va­re kap­tein nie, maar hy lei Don­der­dag ’n Suid-A­fri­kaan­se span wat maar bit­ter min on­der­vin­ding in toet­se het op die tuis­te van krie­ket.

Krie­ket Suid-A­fri­ka het gis­ter be­ves­tig Faf du P­les­sis, die Pro­te­as se toet­s­kap­tein, gaan nie gou ge­noeg van Suid-A­fri­ka af te­rug­keer ná die ge­boor­te van sy eer­ste­ling nie, en dat El­gar in sy af­we­sig­heid die span in die eer­ste toets teen En­ge­land op Lord’s sal aan­voer.

Du P­les­sis se vrou, I­ma­ri, het ver­le­de week hul eer­ste­ling ge­had. Dit was eg­ter ’n moei­li­ke ge­boor­te en die kap­tein staan nog sy vrou en die ba­ba by.

Rus­sell Do­min­go, die Pro­te­a­af­rig­ter, het gis­ter op ’n nuus­kon­fe­ren­sie in Lon­den ge­sê hy sien uit daar­na om El­gar in die rol as kap­tein te sien.

“Hy’s ’n baie gut­sy spe­ler en is baie ver­teen­woor­di­gend van Suid-A­fri­kaan­se krie­ket. Hy werk on­ge­loof­lik hard en ba­klei al­tyd met oor­ga­we vir die span,” het die brei­er ge­sê.

Do­min­go het self eers ein­de ver­le­de week by die span aan­ge­sluit na­dat hy hom te­rug SuidA­fri­ka toe ge­haas het met die nuus dat sy ma in ’n mo­tor­on­ge­luk was. Sy is ein­de ver­le­de week uit die hos­pi­taal ont­slaan.

El­gar lei ’n Pro­tea-span wat dra­ma­ties ver­skil van die een wat die toets­reeks op Lord’s in 2012 be­klink het.

Dáár­die dag was dit ’n bit­ter er­va­re span met spe­lers soos Gra­e­me S­mith, Al­vi­ro Pe­ter­sen, AB de Vil­liers, Ja­c­ques Kal­lis, Ja­c­ques Ru­dolph, Da­le S­teyn en Im­ran Ta­hir wat in ak­sie was.

“Slegs vier van die spe­lers in ons groep (Mor­né Mor­kel, Ver­non P­hi­lan­der, JP Du­miny en Hashim Am­la) het al voor­heen in ’n toets op Lord’s ge­speel,” het Do­min­go ge­sê.

Nou gaan een groen­tjie, Hei­no Kuhn, be­slis sy bui­ging maak as aan­vangs­kol­wer, en T­heu­nis de Bruyn, ’n “ve­te­raan” van slegs een toets, gaan straks vir Du P­les­sis in die mid­del­or­de ver­vang.

Die brei­er is eg­ter in sy nop­pies dat P­hi­lan­der Sa­ter­dag ’n fiks­heids­toets vir ’n seer en­kel ge­slaag het.

“Ver­non is klop­dis­sel­boom. Hy het van­og­gend (gis­ter) vol­uit ge­oe­fen en sy boul­beur­te af­ge­stuur.

“Ek kan nie wag vir hom om die nu­we bal op Lord’s te neem nie. Ek het dit al voor­heen baie ge­sê.

“Hy is dalk die moei­lik­ste bou­ler in ons aan­val om te ver­vang. As hy nie daar is nie, is daar nie die­self­de be­heer nie.

“As daar iets in die kolf­blad is, sal hy dit vind en hy gee ons ook ba­lans met sy kolf­werk. Hy is van on­skat­ba­re waar­de,” het die brei­er ge­sê.

Die eer­ste van vier toet­se be­gin Don­der­dag om 11:00.

De­an El­gar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.