Ja­gua­res straks weer ’n klip­pie in Ac­kers­skoen

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han Ac­ker­mann, hoof­af­rig­ter van die Leeus, smeer hom so­lank vet vir ’n stort­vloed kri­tiek wat sy kant toe kan kom as sy span van­jaar weer die lang tog Nieu-See­land toe moet aan­pak vir ’n Super-eind­stryd.

Kom die Leeus by die eind­stryd uit en hul­le moet die Cru­sa­ders in Chris­t­church aan­durf, sal daar weer be­skul­di­gen­de vin­gers ge­wys word na die ver­swak­te span wat Ac­ker­mann saam­ge­neem het Bu­e­nos Ai­res toe vroeg in die sei­soen om teen die Ja­gua­res te speel.

Vir die twee­de jaar ag­ter­een­vol­gens het die Leeus met ’n ver­swak­te span daar slae ge­kry en kan dit weer die ver­skil wees om eer­ste of twee­de op die pun­te­lys te ein­dig.

“Ek sal se­ker kri­tiek kry vir die span wat ek saam­ge­neem het, maar din­ge het daar­die aand nie vir ons uit­ge­werk nie. Daar was ook en­ke­le be­slis­sings wat teen ons ge­gaan het en wat ’n ver­skil aan die uit­slag kon maak,” sê hy.

“Van die be­slui­te wat ge­neem is om spe­lers hier te los, was ook bui­te ons be­heer, want Ro­han Jan­se van Rens­burg se ma is die vo­ri­ge week oor­le­de en El­ton Jan­tjies het pa ge­word. So dit was nie dat hul­le met op­set by die huis ge­bly het nie, daar was gel­di­ge re­des daar­voor,” sê Ac­ker­mann.

“Ons is nou net een wed­stryd weg daar­van om eer­ste of twee­de te ein­dig en wat ook al ge­beur, ons is in die uit­speel­ron­des en dit is al wat nou saak­maak,” sê Ac­ker­mann.

As die Leeus twee­de ein­dig, be­hoort hul­le op 22 Ju­lie in die kwart­eind­ron­de op El­lis­park teen die High­lan­ders te speel.

Ein­dig hul­le wel eer­ste, kan dit die Haaie wees vir wie hul­le gas­heer speel.

“Ons doel­wit is nou om op die klein din­ge­tjies te fo­kus en as ons gaan be­gin kom­mer oor wat kon ge­wees het, gaan ons van hier­die be­lang­ri­ke klein de­tail mis­kyk.

“Al­les is nog bin­ne ons be­heer en ons moet se­ker maak ons oe­fen soos wat ons moet speel. Ho­pe­lik val die Cru­sa­ders ook dalk nog ie­wers langs die pad vas. As dit dan nie in hul laas­te li­ga­wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes is nie, dan in die kwart­eind- of half­eind­ron­de.

“Dan kan ons ’n eind­stryd hier op El­lis­park kry en die sta­di­on vol­pak. Daar wag nog baie har­de werk voor­dat dit kan ge­beur,” waar­sku Ac­ker­mann.

Die Leeus het van­dees­week ’n los­loot­jie en ge­niet ’n rus­kans, voor­dat hul­le aan­staan­de Sa­ter­dag Dur­ban toe gaan vir hul laas­te li­ga­wed­stryd teen die Haaie.

Met die Leeus wat 61 liga­pun­te het teen­oor die Cru­sa­ders se 63, sal Ac­ker­mann se span teen die tyd wat hul­le op Kings­park op­draf, weet of dit vir hul­le moont­lik sal wees om die li­ga­ver­plig­tin­ge af te sluit as die voor­ste span op die al­ge­he­le pun­te­lys.

Die Leeus het ook van­jaar reeds 78 drieë in die Su­per­reeks ge­druk, wat met nog een li­ga­wed­stryd oor reeds se­we meer is as hul re­kord van ver­le­de jaar.

Ro­han Jan­se van Rens­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.