Ek wou El­stadt nie slaan nie, sê ‘do­mi­nee’ Hen­co

Beeld - - Sport - O­wen Kock

“Stel dit maar mooi, ont­hou men­se lees dit en ek moet een­dag ná my rug­by­dae nog ’n werk kry.”

Só het die C­hee­tahs se vuur­vre­ter-flank, die te­o­lo­gie-s­tu­dent Hen­co Ven­ter, ge­skerts oor die rooi­kaart wat hy Sa­ter­dag teen die S­tor­mers op die lyf ge­loop het.

Ven­ter het die S­tor­mers-flank Ryn­hardt El­stadt “toe­val­lig” met die elm­boog in dié span­ne se Su­per­rug­by-wed­stryd in Bloem­fon­tein by­ge­dam. Hy is vir die eer­ste keer in sy loop­baan rooi ge­wys en vir ’n week ge­skors.

El­stadt het die­self­de straf ge­kry om­dat hy te­rug­ge­slaan het.

El­stadt het boon­op ook aan die ein­de van die eer­ste helf­te ’n geel­kaart ge­kry om­dat hy doel­be­wus ’n aan­gee ver­hin­der het.

Die span­ne was in die 81ste mi­nuut slaags by ’n los­skrum toe Ven­ter en El­stadt be­gin re­de­ka­wel het.

Ven­ter het soos ’n vrot vel grond toe ge­val, kom­pleet soos ’n sok­ker­spe­ler wat ’n straf­skop wou melk, en be­duie dat El­stadt hom in die ge­sig ge­slaan het.

Ná ’n lang ge­re­de­ka­wel en op aan­drang van sy kap­tein, Fran­cois Ven­ter, het die skeids­reg­ter, Ja­co van Heer­den, in­ge­stem om na beeld­ma­te­ri­aal van die voor­val te kyk.

“Ek het nie eens ge­weet ek het hom ge­slaan nie, maar die vi­deo wys dit dui­de­lik. Hy was ag­ter my en ek wou my­self van hom af los­trek toe my elm­boog hom toe­val­lig tref,” het Ven­ter ge­sê. “Ek was eint­lik ge­skok toe ek ’n kaart ge­kry het.”

Ven­ter se skor­sing bring mee dat hy nie vol­gen­de week in die C­hee­tahs se laas­te Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth mag speel nie.

“Ek was nooit van plan om hom (El­stadt) te slaan nie. Maar moe­nie ’n fout maak nie, hy het my goed ge­tref teen die wang­been,” het Ven­ter ge­sê.

Hen­co Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.