Aan­klag­te ‘smoor de­bat oor grond’

Beeld - - News - – News24

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, het die aan­klag­te teen hom af­ge­maak as ’n ma­nier om die de­bat oor grond­her­vor­ming te smoor.

“Men­se moet grond be­sit. Dit is wat die Vry­heids­ma­ni­fes sê en as e­ni­ge hof my skul­dig be­vind, dan moet dit be­vind die Vry­heids­ma­ni­fes is ’n on­wet­ti­ge do­ku­ment,” het Ma­le­ma gis­ter bui­te die land­dros­hof in Ne­w­cas­t­le, K­waZu­lu-Na­tal, ge­sê.

“Ek her­haal wat die ge­slag­te voor ons ge­sê het. Dit is dus nie ek wat nu­we din­ge op­maak nie. Dis waar­oor die stryd nog al­tyd ge­gaan het.”

Dit het in die hof na vo­re ge­kom Ma­le­ma wil ’n hoog­ge­regs­hof­be­vel kry om die saak teen hom as on­grond­wet­lik en ir­ra­si­o­neel te ver­klaar en dit ter sy­de te laat stel.

Ma­le­ma se ver­hoor sou gis­ter be­gin het, maar is tot mô­re uit­ge­stel.

Ma­le­ma het reeds hof­stuk­ke by die hoog­ge­regs­hof in­ge­dien en die saak gaan na ver­wag­ting mô­re na Sep­tem­ber uit­ge­stel word.

Land­dros T­heu­nis Col­ditz het Tu­mi Mo­koe­na, Ma­le­ma se regs­ver­teen­woor­di­ger, se ver­soek toe­ge­staan dat die saak tot mô­re uit­ge­stel word.

Mo­koe­na het vir die hof ge­sê hy mik om gis­ter die hof­stuk­ke by die hoog­ge­regs­hof in te dien en Vry­dag op die laat­ste.

Ma­le­ma het ná die hof­ver­rig­tin­ge ge­sê: “Ons dink (die aan­klag­te) is kwaad­wil­lig en hul­le het geen voor­ne­me om e­ni­ge vorm van ge­reg­tig­heid te dien nie.”

Hy het ver­der ge­sê die aan­klag­te is daar­op ge­mik om die de­bat rond­om grond en vry­heid van spraak te ver­smoor.

“Hul­le wil die men­se se be­roep op grond on­der­myn, want hul­le dink hier­die pro­gram werk en dit be­voor­deel baie men­se. Hul­le is nie van plan om te ver­se­ker dat swart men­se die grond te­rug­kry nie – en deur die grond te­rug te kry, kry hul­le hul waar­dig­heid te­rug.”

Ma­le­ma het ge­sê die ANC veg vir grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding, maar ge­bruik wet­ge­wing om die­self­de stryd te on­der­druk.

“Hul­le praat daar in Jo­han­nes­burg in Nas­rec en be­weer dat hul­le ’n be­sluit wil aan­vaar wat grond ont­ei­en . . . Ons dink hul­le is ver­spot, hul­le weet nie wat hul­le wil be­reik nie.”

Ma­le­ma het ge­sê Mo­koe­na gaan die Vry­heids­ma­ni­fes en stel­lings van oud.p­res. Nel­son Man­de­la en O­li­ver Tam­bo, voor­ma­li­ge lei­er van die ANC, ge­bruik om hom te ver­de­dig.

Ma­le­ma is in die sop om­dat hy ver­le­de jaar ’n be­roep op EFF-on­der­steu­ners ge­doen het om on­be­woon­de grond te be­set.

Lui­dens die klag­staat is Ma­le­ma op 7 No­vem­ber 2016 in Ne­w­cas­t­le aan­ge­kla van aan­hit­sing om ’n mis­daad te pleeg. Hy is reeds in Ne­w­cas­t­le en Bloem­fon­tein aan­ge­kla in­ge­vol­ge die Wet op Op­roe­ri­ge By­een­koms­te.

Ma­le­ma daag die grond­wet­lik­heid van dié wet tans in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof uit.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.