Dáárom kom dood­straf nié te­rug nie

Beeld - - News - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Die dood­straf kom nie weer te­rug nie.

Dit kom na­dat die vre­de- en sta­bi­li­teits­kom­mis­sie van die ANC op­roe­pe van ve­ral die ANC-vrou­e­li­ga vir die her­in­stel van die dood­straf vir die moor­de­naars van vroue en kin­ders ver­werp het.

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, het gis­ter­aand op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie by Nas­rec, Jo­han­nes­burg, ge­sê die her­in­stel van die dood­straf sal ’n “so­lie­de reg­stel­sel” ver­eis om se­ker te maak on­skul­di­ge men­se word nie ge­hang nie.

Som­mi­ge le­de van die ANC-vrou­e­li­ga wou hê die dood­straf moes te­rug­ge­bring word om die toe­ne­men­de ge­tal moor­de teen vroue te stuit.

Mahlo­bo het ge­sê hoe­wel die kon­fe­ren­sie die voor­stel­le ver­werp het, stel die kom­mis­sie swaar­de straw­we voor vir men­se wat hul­le skul­dig maak aan sul­ke mis­da­de.

Die kom­mis­sie het voor­ge­stel dat Suid-A­fri­ka die be­gin om in­ter­na­si­o­na­le oor­een­koms­te toe­pas en som­mi­ge van die 6 440 bui­te­lan­ders wat tronk­straf in Suid-A­fri­ka se oor­vol tron­ke uit­dien, re­pa­tri­eer.

Tog sal bui­te­lan­ders wat erns­ti­ge mis­da­de ge­pleeg het, nie na hul lan­de van oor­sprong te­rug­ge­stuur word nie.

Mahlo­bo het ook ge­sê die kom­mis­sie stel voor dat die im­mi­gra­sie­be­leid her­sien en ver­skerp moet word om stren­ger grens­be­heer te ver­se­ker.

“Ons kort ’n ge­loof­waar­di­ge da­ta­ba­sis om te weet wie is in die land,” het die mi­nis­ter ge­sê.

Mahlo­bo het ge­sê die kom­mis­sie stel ook voor dat wet­ge­wing oor borg­tog, die be­sker­ming van ge­tui­es en min­der erns­ti­ge mis­da­de om on­der­soe­ke en ver­vol­ging te ver­haas. Die kom­mis­sie het ook voor­ge­stel dat som­mi­ge wet­te aan­ge­pas moet word en die in­wer­king­stel­ling van ’n mo­der­ne stel­sel om te keer dat dos­sier weg­raak.

Die pa­rool­stel­sel moet ook her­sien word wat die e­mo­sies van slag­of­fers in ag neem.

Die kom­mis­sie meen voorts hoe­wel die pri­va­te vei­lig­heids­be­dryf ‘n reg het om sa­ke te doen, pla die kwes­sie van bui­te­land­se ei­e­naar­skap, spi­oe­na­sie en die uit­bui­ting van wer­kers.

Die kom­mis­sie het ook voor­ge­stel dat mi­li­tê­re ve­te­ra­ne ge­bruik word om pri­va­te vei­lig­heids­diens­te te le­wer.

Daar word ook voor­ge­stel dat ’n de­par­te­ment van mi­li­tê­re ve­te­ra­ne teen 2018 daar­ge­stel word. Dit moet ’n de­par­te­ment op sy eie wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.