ANC wil steeds aan straf­hof ont­trek

Beeld - - News - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ANC se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie hou voet by stuk dat SuidA­fri­ka aan die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof moet ont­trek.

Af­ge­vaar­di­ges by die kon­fe­ren­sie in Nas­rec, Jo­han­nes­burg, het ook die re­ge­ring aan­ge­moe­dig om aan te hou om al­le wet­li­ke pro­ses­se te volg om daar­die ont­trek­king moont­lik te maak.

Mi­ri­am Se­o­hat­se, lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee, het gis­ter­aand hier­die en an­der be­leids­voor­stel­le van die kon­fe­ren­sie se kom­mis­sie oor in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie be­kend ge­maak.

Die aan­kon­di­ging kom ’n dag voor die straf­hof van­dag ’n be­vel sal maak oor of Suid-A­fri­ka ver­keerd was toe hy nie in Ju­nie 2015 vir p­res. O­mar al-Ba­sjir van Soe­dan in heg­te­nis ge­neem het toe hy in die land was vir ’n A­fri­ka-U­nie-be­raad nie.

Suid-A­fri­ka is ’n lid van die Ver­drag van Rome en was daar­om ver­plig om Al-Ba­sjir in heg­te­nis te neem.

Die straf­hof het reeds twee las- b­rie­we vir Al-Ba­sjir se in­heg­te­nis­ne­ming uit­ge­reik.

Daar is tien aan­klag­te teen hom wat volks­moord, oor­logs­mis­da­de en mis­da­de teen die mens­dom.

Suid-A­fri­ka het vroe­ër van­jaar voor die straf­hof aan­ge­voer dat AlBa­sjir on­der meer as staats­hoof di­plo­ma­tie­ke im­mu­ni­teit ge­niet het en dat dit een van die re­des is waar­om hy nie des­tyds hier in heg­te­nis ge­neem is nie.

Die straf­hof kan Suid-A­fri­ka by die Ver­e­nig­de Na­sies se Vei­lig­heids­raad ver­kla as dit van­dag teen die land be­vind.

Vol­gens Se­o­hat­se het die kom­mis­sie die land se be­sluit om aan die straf­hof te ont­trek eg­ter her­be­ves­tig.

“Dit was reeds ’n re­so­lu­sie wat in 2012 by die (ANC se) Man­gaung-kon­fe­ren­sie ge­neem is dat ons aan die straf­hof moet ont­trek.”

Se­o­hat­se het ook ge­sê die ANC is be­wus dat die straf­hof van­dag ’n be­sluit oor Suid-A­fri­ka se lot oor die han­te­ring van die Al-Ba­sjir-sa­ge sal neem.

“ANC-af­ge­vaar­dig­des en die kom­mis­sie is eg­ter steeds daar­toe ver­bind dat Suid-A­fri­ka aan die straf­hof moet ont­trek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.