Joost se seun lei spe­lers op veld

Beeld - - News - Na­di­ne T­heron

A­mor Vit­to­ne het hoen­der­vel ge­kry en tra­ne van vreug­de ge­huil toe haar en Joost van der West­hui­zen se seun, Jor­dan (13), die Suid-A­fri­kaan­se sok­ker­span ge­lei het ty­dens die o­pe­ning­se­re­mo­nie van ’n toer­nooi in S­pan­je.

Jor­dan het Maan­dag­og­gend die Gau­teng-Dis­trik-o.13-span wat Suid-A­fri­ka by die Do­nos­ti-be­ker­toer­nooi ver­teen­woor­dig, ty­dens die se­re­mo­nie ge­lei.

“Toe die Suid-A­fri­kaan­se span op­stap, het die ge­hoor mal ge­gaan,” het Vit­to­ne op Fa­ce­book ge­skryf.

Sy het Fa­ce­book-al­bums vol pret­ti­ge fo­to’s van haar fa­mi­lie ge­deel waar hul­le Jor­dan in S­pan­je on­der­steun. Haar pa, Da­rio, ma, De­ly­se, en Jor­dan se sus­sie, Ky­lie (11), het saam met Jor­dan ’n toer van Re­al Ma­drid se sta­di­on, San­ti­a­go Ber­na­béu, ge­niet en kon fo­to’s neem in Re­al Ma­drid se me­di­a­ka­mer en aan­trek­ka­mer.

“Jul pa sou trots ge­wees het,” het twee van Vit­to­ne se aan­han­gers on­der ’n fo­to van Jor­dan en Ky­lie in die me­di­a­ka­mer op Fa­ce­book ge­skryf.

“Hier trek hy na Joost,” het ’n an­der aan­han­ger ge­skryf on­der ’n fo­to van Jor­dan met die UEFA-kam­pi­oen­liga­be­ker.

Jor­dan se span het vol­gens sy ma op Fa­ce­book hul eer­ste wed­stryd van die toer­nooi met 1-0 ge­wen.

Die toer­nooi duur tot Sa­ter­dag.

Da­rio Vit­to­ne, A­mor se pa, Ky­lie van der West­hui­zen, De­ly­se Vit­to­ne, A­mor se ma, en A­mor Vit­to­ne on­der­steun Jor­dan van der West­hui­zen ty­dens die o­pe­ning­se­re­mo­nie van die in­ter­na­si­o­na­le Do­nos­ti­be­ker­toer­nooi in S­pan­je.

Fo­to’s: FA­CE­BOOK

Jor­dan van der West­hui­zen lei Maan­dag­aand die Suid­A­fri­kaan­se span by die in­ter­na­si­o­na­le Do­nos­ti­be­ker­toer­nooi in San Se­bas­ti­an, S­pan­je.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.