Dood­ge­ry ter­wyl hy oe­fen

Seun (17) eer­ste fa­mi­lie­lid op to­neel

Beeld - - News - Han­nes Kru­ger

Die Com­ra­des-at­leet Leon Ba­ker (45) is gis­ter­og­gend ten ty­de van sy oe­fen­ses­sie in Mid­rand in ’n tref-en-trap-on­ge­luk dood.

Sy seun, Dy­lan (17), was die eer­ste ge­sins­lid wat op sy pa se lyk af­ge­kom het.

Die po­li­sie was gis­ter nog op soek na die per­soon wat Ba­ker dood­ge­ry het.

Du­a­ne Ne­w­man, Ba­ker se vriend en ook ’n at­leet, sê hul­le ver­moed dat ’n mi­ni­bus­taxi hom dood­ge­ry het. “Stuk­ke van die voer­tuig se lig dui daar­op dat dit ’n taxi was.”

Vol­gens Ne­w­man het Ba­ker gis­ter om­streeks 06:30 gaan draf. Toe hy nie huis toe kom nie, het sy ge­sin ge­won­der waar hy is en het na hom be­gin soek.

Die po­li­sie het Ba­ker se lyk op die hoek van Gar­den- en Sum­mit­weg aan­ge­tref. Hy het geen i­den­ti­fi­ka­sie by hom ge­had nie en die po­li­sie het 90 mi­nu­te op die fa­mi­lie ge­wag.

Daar was geen te­ken van e­nig­een wat hom moont­lik kon dood­ge­ry het nie.

“Die po­li­sie het hom na die Hil­l­brow-lyk­huis ge­bring en ’n lyk­skou­ing sal ge­hou moet word om­dat hy aan on­na­tuur­li­ke oor­sa­ke dood is.”

Ne­w­man het hom gis­ter saam met Ba­ker se vrou, Sal­ly, in die lyk­huis gaan uit­ken.

“Die fa­mi­lie suk­kel om hom uit die lyk­huis te kry weens die ag­ter­stand in lyk­skou­ings wat spruit uit die on­lang­se sta­king by lyk­hui­se in Gau­teng.”

Ne­w­man sê dis baie trau­ma­ties vir die fa­mi­lie en hul­le wens die lyk­skou­ing kan so gou moont­lik af­ge­han­del word.

Sal­ly wou niks sê nie, maar het deur Ne­w­man, wat by haar is, ’n bood­skap ge­stuur: “Leon was so lief vir hard­loop. Hy is dood ter­wyl hy ge­doen het waar­voor hy baie lief was. Ek hoop men­se is meer vei­lig­heids­be­wus op ons paaie.”

Ca­ro­li­ne W­öst­mann, twee jaar ge­le­de se Com­ra­des-vrou­e­wen­ner en ’n vrien­din van Leon, sê sy is ge­skok oor die voor­val. “Dis baie erg en on­ver­wags,” sê W­öst­mann.

Leon word ook deur sy dog­ter, Jen­ni­fer (21), oor­leef.

Supt. Ed­na Ma­mo­ny­a­ne, woord­voer­der van die Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie, sê: “Daar was geen ge­tui­es en voer­tuig op die to­neel nie. Die to­neel is deeg­lik on­der­soek en glas­stuk­ke van ’n mi­ni­bus se lig is ge­vind.

“Daar kan wel nog nie met se­ker­heid ge­sê word dat dit wel ’n taxi was nie om­dat nie al­le mi­ni­bus­se taxi’s is nie. Die on­der­soek­span ont­leed die glas­stuk­ke.”

Sy sê die dos­sier word nou aan die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens oor­han­dig wat die on­der­soek­werk sal voort­sit.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Leon Ba­ker

Ba­ker en sy vrou, Sal­ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.