Dan sal al die ek­stra won­der­wer­ke ge­beur, sê De­rick

Beeld - - News - Ma­re­li­ze Bar­nard

De­rick Hou­gaard se T­wit­ter-re­ke­ning lyk dié week soos hee­nen-weer-kys­brie­fies van ver­lief­des op skool: De­rick, Ná­di­ne, De­rick en dan weer Ná­di­ne.

En nou het De­rick boon­op ge­twiet: “Die bes­te ge­voel in e­ni­ge ver­hou­ding is wan­neer jy be­sef jy kan die an­der mens met jou le­we ver­trou. En dan sal al die ek­stra won­der­wer­ke ge­beur.”

Dit is De­rick se jong­ste fi­lo­so- fie oor die lief­de. Hy het dit op 1 Ju­lie op sy T­wit­ter-re­ke­ning, @de­rick­hou­gaard, ge­twiet.

Die twiet net voor dié fi­lo­so­fie­se op­mer­king is ’n fo­to van Ná­di­ne en haar bood­skap wat hy ge­deel het: “Dag 6 van Mu- siek Rou­let­te! E­pi­so­de tien. Ek is lief vir hier­die span. Kom ons doen dit.”

En dan, vir die­ge­ne wat nog won­der wat aan­gaan, De­rick het sy W­hat­sApp-pro­fiel­fo­to ’n ruk­kie ver­an­der. Nee, hy het nie ’n nu­we haar­styl of mo­tor nie. As dit die ma­nier is om te wys die ge­heim is uit, dan is dit uit, want die fo­to is van De­rick en Ná­di­ne – met hul wan­ge styf teen me­kaar.

Hy het die fo­to in­tus­sen weer ver­vang en op ’n W­hat­sApp­na­vraag ge­sê: “Moe­nie tus­sen die ly­ne lees nie.”

De­rick en Ná­di­ne wang teen wang: Dié fo­to was ’n ruk­kie De­rick se nu­we W­hat­sApp­pro­fiel­fo­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.