18 sterf in on­ge­luk

Slag­of­fers werk al­mal vir bou­maat­skap­py

Beeld - - News - A­let Jou­bert

Die 18 men­se wat gis­ter dood is in ’n bot­sing na­by Ma­cha­do­dorp in M­pu­ma­lan­ga is ge­ëi­en as werk­ne­mers van die bou­maat­skap­py Fran­ki A­fri­ca.

“Dit is ver­plet­te­ren­de nuus. Die ver­lies in ter­me van men­se­le­wens en die uit­wer­king daar­van is e­norm,” sê Er­rol Braithwai­te, be­stu­ren­de di­rek­teur van Fran­ki A­fri­ca.

Die werk­ne­mers was na die N­ko­ma­ti-nik­kel­myn na­by Bad­plaas on­der­weg waar Fran­ki A­fri­ca ge­o­teg­nie­se werk doen vir die twee­de­fa­se-ont­wik­ke­ling van die myn.

Nog 15 werk­ne­mers is in die on­ge­luk be­seer en in hos­pi­ta­le op­ge­neem. Een van hul­le is in­tus­sen ont­slaan.

Vol­gens Jo­seph Ma­bu­za, woord­voer­der van die LUR vir vei­lig­heid, was drie voer­tuie in die on­ge­luk be­trok­ke.

“’n Quan­tum-mi­ni­bus en ’n 22-sit­plek­mid­del­slag­bus was van Ma­cha­do­dorp op die R541 na Bad­plaas on­der­weg. Die Quan­tum het reg van voor teen ’n vrag­mo­tor ge­bots en die an­der bus­sie het in al­bei dié voer­tuie vas­ge­ry.”

Ma­bu­za sê pre­sies hoe die on­ge­luk ge­beur het, moet nog vas­ge­stel word.

“Die vrag­mo­tor­be­stuur­der het oor­leef en ons sal ’n ver­kla­ring by hom en van die an­der pas­sa­siers af­neem. Al­bei die an­der be­stuur­ders is in die bot­sing dood.”

Die twee be­stuur­ders was ook werk­ne­mers van Fran­ki A­fri­ca.

Braithwai­te sê die maat­skap- py is nog in die pro­ses om die oor­le­de­nes te i­den­ti­fi­seer en hul naas­be­staan­des te kon­tak.

Van die oor­le­de­nes was 12 vas­te werk­ne­mers by die maat­skap­py, wat ver­le­de jaar sy 70ste be­staans­jaar ge­vier het. Die agt an­der oor­le­de­nes was ty­de­li­ke werk­ne­mers.

“Ons wil ons diep­ste en in­nig­ste me­de­lye be­tuig aan die fa­mi­lie, vrien­de en kol­le­gas van die oor­le­de­nes. Ons on­der­steun die ge­sin­ne en kol­le­gas wat ge­raak is waar ons ook al kan,” sê hy in ’n ver­kla­ring.

Tal­le nood­diens­wer­kers is na die to­neel ont­plooi.

“Dit was baie erg. Van die pas­sa­siers en oor­le­de­nes was in die wrak­stuk­ke vas­ge­keer,” sê ’n werk­ne­mer van M­pu­ma­lan­ga se nood­diens­te. Sy naam word weer­hou, want hy mag nie amp­te­lik met die me­dia praat nie.

Pas­sa­siers was ook on­der een van die om­ge­keer­de voer- tuie vas­ge­keer. Spe­si­a­le toe­rus­ting is ge­bruik om hul­le uit te kry.

Braithwai­te, wat van Jo­han­nes­burg na die on­ge­luks­to­neel ge­ry het, loof die nood­diens­wer­kers vir hul op­tre­de.

“Hul­le was ui­ters pro­fes­si­o­neel in al­les wat hul­le ge­doen het.”

Hy het ook werk­ne­mers by die maat­skap­py se bou­per­se­le be­soek en sê trau­ma­be­ra­ding is vir hul­le en ge­sins­le­de ge­re­ël.

Die DA in M­pu­ma­lan­ga het in­tus­sen ge­sê een van sy jeug­lei­ers is in die on­ge­luk be­seer.

“Mi­cha­el Mn­ci­na, die DA­jeug­lei­er vir E­mak­ha­ze­ni, is in die on­ge­luk be­seer. Ons wens hom en al die an­der be­seer­des be­ter­skap toe,” sê Bos­man Gro­bler, DA-LPW en die par­ty se woord­voer­der oor o­pen­ba­re wer­ke, paaie en ver­voer.

Gro­bler het ook die par­ty se me­de­lye teen­oor die naas­be­staan­des van die oor­le­de­nes be­tuig.

Van die Quan­tum­mi­ni­bus het net ver­from­mel­de me­taal oor­ge­bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.