‘Ons is siek en sat vir mis­da­di­gers’

Beeld - - News - Su­san Cil­liers

“Ons har­te is baie seer en ons is siek en sat vir mis­da­di­gers. Dit gaan lank neem om dit te ver­werk. Die dood­straf moet te­rug­kom.”

So het hoof­man Samuel Mankuroane, half­broer van Pa­trick I­tu­me­leng, gis­ter die fa­mi­lie se gevoelens be­skryf na­dat I­tu­me­leng op sy plaas na­by Vry­burg in Noord­wes dood­ge­skiet is.

“Te veel boe­re word ver­moor. Dit maak nie saak of hul­le swart of wit is nie.”

Vyf ro­wers het die 68-ja­ri­ge I­tu­me­leng en sy vrou, Di­nah (63), Vry­dag­aand vroeg by hul plaas­huis oor­val toe hul­le van Vry­burg af te­rug­ge­keer het. Die ro­wers het hul­le ver­moe­de­lik in­ge­wag.

“Pa­trick het be­sef daar is fout toe die hon­de blaf en Di­nah skree,” sê Mankuroane.

“Toe sien hy die ou­ens en hul­le skiet hom.”

I­tu­me­leng is in die kop en drie keer in die bo­lyf ge­skiet. Di­nah is in die lin­ker­hand ge­skiet, maar reeds uit die hos­pi­taal ont­slaan. Die ro­wers is weg met ’n kluis met ’n on­be­ken­de hoe­veel­heid kon­tant, maar nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Mankuroane sê I­tu­me­leng het die af­ge­lo­pe tien jaar ge­boer. Hy het om­streeks 2010 die plaas ge­koop waar hy met ska­pe, bons­ma­ras en hoen­ders ge­boer het. Hy het ook ’n re­stau­rant, drank­win­kel en ka­fee na­by die plaas be­dryf. “Hy was ’n ge­sie­ne man van ka­rak­ter,” sê Mankuroane.

“Hy het be­gin as ’n kom­mu­na­le boer en ge­groei tot ’n kom­mer­si­ë­le boer.”

I­tu­me­leng het vyf kin­ders, van wie twee oor­le­de is. Sy drie oor­le­wen­de vol­was­se kin­ders was ge­deel­te­lik af­hank­lik van hom. Di­nah het twee kin­ders uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik.

I­tu­me­leng se be­graf­nis­diens is Sa­ter­dag op sy plaas F­ries­land, maar hy sal so­wat 16 km van daar by sy oor­le­de ma in die Tswaing-dis­trik (in die De­la­rey­vil­le-om­ge­wing) be­gra­we word.

S­te­pha­nie S­tols, voor­sit­ter van A­gri S­tel­la­land wat on­der A­gri Vry­burg val, het in re­ak­sie op die moord op I­tu­me­leng ge­sê men­se moet be­sef al­le boe­re – swart en wit – is kwes­baar.

“Ons swart boe­re kry net so swaar. Hul­le skaf toe­ne­mend ook wa­pens aan en leer skiet om hul­self te be­skerm. Men­se moet die ras­se­ding uit land­bou haal.”

I­tu­me­leng is die vier­de boer in Noord­wes wat in min­der as drie maan­de in al­te­sa­me vyf plaas­aan­val­le ver­moor is. Nog drie men­se (on­der wie Di­nah) is erns­tig be­seer. ) Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po- li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, het teen gis­ter­mid­dag laat ge­sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem weens die moord Sa­ter­dag op die boer­vrou El­sa Eras­mus in die A­ma­lia-om­ge­wing nie.

Pa­trick I­tu­me­leng is Vry­dag op sy plaas na­by Vry­burg in Noord­wes dood­ge­skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.