Mo­le­fe help mi­nis­ter nie reg oor ‘be­dank’

Beeld - - News - Je­a­nel­le G­rey­ling Sien spot­prent op bl. 8

As B­ri­an Mo­le­fe vol­hou hy het vroeg af­ge­tree, waar­om het hy Lyn­ne Brown, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, nooit reg­ge­help oor haar aan­na­me dat hy be­dank het nie?

Dít is net een van baie aan­dui­dings dat Mo­le­fe nie vroeg af­ge­tree het toe hy weg is by E­s­kom nie, het die re­spon­den­te aan­ge­voer in Mo­le­fe se aan­soek in die ar­beids­hof in Jo­han­nes­burg om her­aan­ge­stel te word as E­s­kom se hoof.

Brown, die DA, die EFF en E­s­kom is re­spon­den­te in dié drin­gen­de aan­soek.

Reg­ter Con­nie Prins­loo het Mo­le­fe se aan­soek gis­ter in die ar­beids­hof on­be­paald uit­ge­stel en ge­sê die twee soort­ge­ly­ke aan­soe­ke in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria moet eers af­ge­han­del word.

Mo­le­fe het die aan­soek by die ar­beids­hof in­ge­dien na­dat die DA en die EFF in die hoog­ge­regs­hof aan­soek ge­doen het dat sy her­aan­stel­ling te­rug­ge­trek word.

Vol­gens Brown, die DA en die EFF gaan die dis­puut in die ar­beids­hof eint­lik oor die vraag of Mo­le­fe wel be­dank het. As hy be­dank het, is die reg­te pro­se­du­re nie ge­volg om hom weer aan te stel nie.

Mo­le­fe hou vol sy kontrak is nie be­ëin­dig nie om­dat hy en E­s­kom on­der die wan­in­druk was dat hy vroeg mag af­tree. Sy af­tre­de was nie gel­dig nie en daar­om is sy diens nooit be­ëin­dig nie.

Hy sê hy kan nie aan die hoog­ge­regs­hof­aan­soek deel­neem voor­dat sy werk­sta­tus her­stel is nie.

Prins­loo sê in haar uit­spraak hy kan dit wel doen.

Brown sê in haar ver­kla­ring in die hoog­ge­regs­hof Mo­le­fe het haar in­ge­lig oor sy be­sluit om E­s­kom te ver­laat. Sy het op dié ver­ga­de­ring deur­gaans na Mo­le­fe se “be­dan­king” ver­wys, maar hy het haar nooit reg­ge­help deur te sê hy tree af nie.

Mo­le­fe het self ge­sê hy was “be­kom­merd oor die ne­ga­tie­we be­rig­ge­wing” na­dat hy in die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag oor staat­skaping met die Gup­tas ver­bind is.

In haar uit­spraak wys Prins­loo daar­op dat Mo­le­fe in ’n ver­kla­ring op 11 No­vem­ber ge­sê het hy het be­sluit om sy diens by E­s­kom op 1 Ja­nu­a­rie te be­ëin­dig. “Dis in be­lang van E­s­kom en die pu­bliek.”

Brown het die­self­de dag ’n ver­kla­ring uit­ge­reik waar­in sy aan­ge­kon­dig het dat Mo­le­fe be­dank. Mo­le­fe en die E­s­kom­di­rek­sie het haar nie op ’n ver­ga­de­ring daar­na reg­ge­help nie. Brown sê sy was oor­tuig daar­van dat Mo­le­fe be­dank het tot­dat sy vyf maan­de la­ter, in A­pril van­jaar in ’n Son­dag­koe­rant, ge­lees het Mo­le­fe het ’n pen­si­oen­uit­be­ta­ling van R30 mil­joen ont­vang.

Om­dat Mo­le­fe (50) nie 55 is nie, het hy nie ge­kwa­li­fi­seer vir ’n vroeë pen­si­oen nie en Brown het op 12 Mei in­ge­stem dat hy her­aan­ge­stel word. E­s­kom het die her­aan­stel­ling la­ter ná ’n aan­be­ve­ling deur ’n in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le ko­mi­tee te­rug­ge­trek.

Brown het toe­ge­gee die her­aan­stel­ling was nie gel­dig nie om­dat sy nie die reg­te pro­se­du­re ge­volg het nie. )

Fo­to: JA­MES OATWAY

B­ri­an Mo­le­fe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.