Sa­ke om Nas­rec lyk som­mer báie goed

Beeld - - News - – Sa­rel van der Walt

Die ANC-kon­fe­ren­sie­gan­gers het ook brand­stof, kof­fie, si­ga­ret­te, koe­ran­te, lek­ker­goed, koel­drank, hoof­pyn­pil­le en ham­bur­gers no­dig. En as dit pap re­ën, moet jy skep.

Die be­stuur van die Sa­sol-mo­tor­ha­we op die hoek van Rand­se Skou- en Nas­re­c­weg oor­kant Nas­rec in die sui­de van Jo­han­nes­burg waar die ANC sy vyf­de be­leids­kon­fe­ren­sie hou, glim­lag breed.“Ons het se­dert ver­le­de week ’n toe­na­me van meer as 50% in ons ver­ko­pe,” het Lun­gi­le G­wa­la, be­stuur­der van die mo­tor­ha­we, gis­ter ge­sê.

Dit is soos ’n oa­se vir baie kon­fe­ren­sie­gan­gers, po­li­sie- en ver­keers­be­amp­tes, joer­na­lis­te en an­der wat by die kon­fe­ren­sie be­trok­ke is.

Dit is waar hul­le op pad na die kon­fe­ren­sie, of op pad te­rug, brand­stof in­gooi, of kof­fie, koe- ran­te, koel­drank, lek­ker­goed en dies meer koop. Daar is ook ’n Bur­ger King, wat goed sa­ke doen.

Van die kon­fe­ren­sie­gan­gers laat ook hul voer­tuie by die mo­tor­ha­we was.

“Die be­sig­ste dag was los­han­de Vry­dag, toe die kon­fe­ren­sie amp­te­lik be­gin het,” sê G­wa­la.

Daar is deu­ren­tyd po­li­sie­le­de by die vul­sta­sie. “Dit laat ons vei­lig voel.”

Ho­tel­le en gas­te­hui­se is vol en die weg­neem­eet­plek­ke is in hul skik oor die groot klomp men­se wat hoof­saak­lik saans ná die dag se ver­rig­tin­ge kom kos koop.

Die meer as 4 000 af­ge­vaar­dig­des van ANC-tak­ke van oor die land heen word daag­liks deur meer as 100 bus­se na Nas­rec en saans te­rug na hul oor­nag­plek­ke ge­bring.

Die kon­fe­ren­sie ein­dig van­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.