Mid­vaal­pro­tes: ‘Der­de mag is be­trok­ke’

Beeld - - News - – E­li­se Tem­pel­hoff

So­wat 1 000 be­to­gers het gis­ter klip­pe en be­ton­blok­ke oor die R59 tus­sen Ve­ree­ni­ging en Mey­er­ton ge­pak en die po­li­sie moes la­ter die hulp van die Rooi­mie­re in­roep om die woe­den­de ska­re te be­heer.

Die be­to­gers is glo van die in­for­me­le deel van die Si­ce­lo-woon­buurt en dring aan op hui­se.

Die pad is gis­ter 09:00 ge­sluit toe men­se klip­pe be­gin gooi het.

Pe­ter Teixe­i­ra, DA-bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir be­hui­sing van die Mid­vaal- plaas­li­ke o­wer­heid, sê die R59 was om­streeks 16:30 steeds vir ver­keer ge­sluit.

Die be­hui­sings­ko­mi­tee het Maan­dag met ’n af­vaar­di­ging van Si­ce­lo ver­ga­der en al­mal is “in vre­de” uit­een, sê hy.

Die ko­mi­tee­le­de het aan die in­wo­ners ge­sê die plaas­li­ke o­wer- heid is ver­ant­woor­de­lik vir diens­te, soos die aan­lê van krag en wa­ter, en die Gau­teng­se o­wer­heid vir hui­se.

Die Mid­vaal-raad sê in ’n ver­kla­ring die in­wo­ners dring ook aan op grond. Hy kan wel nie net som­mer grond uit­deel nie om­dat dit do­lo­mi­ties is.

Plan­ne is reeds op­ge­stel om 3 322 woon­een­he­de en hui­se te laat op­rig. Die plaas­li­ke o­wer­heid sal al­les in sy ver­moë doen om men­se be­hoor­li­ke hui­se te gee.

Vol­gens Teixe­i­ra woon dui­sen­de on­wet­ti­ge im­mi­gran­te ook in Si­ce­lo. “Ons kan nie aan hul­le ook huis­ves­ting ver­skaf nie,” sê hy.

Hy meen daar is ’n “der­de mag” be­trok­ke en dat hul­le daar­op uit is om die raad “te de­sta­bi­li­seer”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.