‘Sy sou haar lyf op spel plaas’

Tal­le prys joer­na­lis se in­te­gri­teit en moed

Beeld - - News - Si­mon Son­ne­kus

Su­na Ven­ter het nie om­ge­gee om haar lyf, haar siel en haar he­le we­se op die spel te plaas om die ver­druk­tes te help nie

So het dr. Im­ti­az Sool­i­man, stig­ter van Gift of the Gi­vers, wat al ver­skeie ke­re saam met Ven­ter in Li­bië en Ga­sa was waar sy oor die oor­loë en swaar­kry van di­ie men­se be­rig het, gis­ter­mid­dag op Ven­ter se rou­diens in die NG kerk in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, ge­sê.

“Su­na was een van die won­der­lik­ste men­se. Sy was die stem vir hul­le wat nie kon praat nie. Sy het die sto­ries ver­tel van men­se wat ver­druk is,” sê Sool­i­man.

Hy kon al op hul eer­ste be­soek aan Ga­sa in 2009, toe Ven­ter 24 jaar oud was, ag­ter­kom sy is ’n vuur­vre­ter­joer­na­lis.

“Sy was dap­per, vas­be­slo­te en het on­stuit­ba­re in­te­gri­teit ge­had. Om so ’n joer­na­lis te vind, is baie, baie moei­lik. Gift of the Gi­vers sal al­tyd lief wees vir haar,” sê hy.

Ven­ter (32) se lyk is Don­der­dag­og­gend in haar woon­stel in Fai­r­land aan­ge­tref.

Die hart­toe­stand s­tres­kar­di­o­mi­o­pa­tie, of “ge­bro­ke­hart-sin­droom”, is on­langs by haar ge­di­ag­no­seer. Die sin­droom word glo ver­oor­saak deur trau­ma en lang tye van on­na­tuur­li­ke stres.

Ven­ter was een van die agt SAUK-joer­na­lis­te wat af­ge­dank is toe hul­le vas­ge­skop het teen die re­dak­si­o­ne­le be­leid van Hlau­di Mot­soe­neng, des­tyd­se be­dryfs­hoof.

Die hof het ver­le­de jaar be­slis dat se­we van die SAUK8 her­aan­ge­stel word.

Ven­ter is in die af­ge­lo­pe jaar on­der meer in die ge­sig ge­skiet, ont­voer en tel­kens met die dood ge­dreig.

Vin­cent Mofo­keng, wat langs Ven­ter in RSG se kan­toor ge­sit het, sê dit is die aak­likg­ste ge­voel om sog­gens op te daag en nie haar groet te hoor nie.

“Su­na het my op­ge­lei toe ek die kor­po­ra­sie be­tree het. Sy het my al­tyd uit­ge­daag en my ge­druk om an­der an­gles vir sto­ries te soek. Sy was my gem­mer­koek en ek haar cho­co­la­te c­hip,” sê hy.

Om­dat hul­le langs me­kaar ge­sit het, sê Mofo­keng, het hul­le ge­reeld woor­de­wis­se­lings ge­had.

“Daar was al­tyd ’n de­bat wat tus­sen ons plaas­ge­vind het. Ons het ’n snaak­se band ge­had. Sy sou my al­tyd aan­moe­dig om my sê te sê.

“Ons het baie spe­si­a­le tye en er­va­rings ge­deel. Ek gaan haar baie mis. My be­lof­te aan haar is dat ek dap­per­der sal wees in my ver­slag­ge­wing.”

H­ein­drich Wyn­gaard, ’n aan­bie­der van die og­gend­pro­gram Mo­ni­tor, waar­voor Ven­ter ge­reeld by- dra­es ge­le­wer het, sê hy het uit Ven­ter se pas­sie en toe­wy­ding ge­leer dat ’n mens ’n im­pak en ’n ver­skil in die sa­me­le­wing kan maak.

“Die sleu­tel­woord op die be­graf­nis­diens is dat Su­na ’n im­pak ge­maak het. Dit is hoe­kom ons joer­na­lis­te word, om ’n im­pak te maak. Su­na was ’n ous­kool-joer­na­lis wat aan­ge­hou gra­we het tot­dat sy die sto­rie los­slaan.”

Dr. P­hi­lip Ven­ter, Su­na se pa, het ná die be­graf­nis ge­sê: “Su­na was ’n be­son­der­se kind, so en­toe­si­as­ties, vol le­wens­lus en so op­ge­won­de om die le­we ten goe­de te ver­an­der.”

Kapt. Kay Mak­hu­be­la, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het Vry­dag be­ves­tig dat die po­li­sie ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek na Ven­ter se dood be­gin het.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

’n Hul­de­blyk aan Su­na Ven­ter in die NG kerk in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg.

Fo­to: DE­ON RAATH

Su­na Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.