Waar’s die hip­pies, Old Vil­la­ge G­reen, vra fees­gan­gers

Beeld - - News -

Gra­ham­stad was nog al­tyd en sal al­tyd die tuis­te van die fees wees, sê To­ny Lan­ke­ster, di­rek­teur van die Na­si­o­na­le Kunstefees, na­dat be­soe­kers in ’n vi­deo op YouTu­be ge­sê het die fees­stem­ming het ver­lo­re ge­raak.

In die vi­deo wat Mark Ro­se-Chris­tie, ’n fees­gan­ger, voor­ma­li­ge kuns­te­naar en stal­le­tjie­hou­er, ge­maak het, vra fees­gan­gers dat on­der meer die Old Vil­la­ge G­reen te­rug­keer so­dat han­de­laars van al­le ras­se gro­ter baat daar­by kan vind.

Hul­le be­pleit ook die te­rug­keer van plek­ke soos The Mon­key Puz­z­le, Two Fat La­dies, Rai­l­way Sta­ti­on, The Y­el­low Hou­se, Old Ga­ol, Qu­ar­ry en Po­wer Sta­ti­on, as­ook hip­pies en New Age-le­de.

Lan­ke­ster sê hy ver­skil van men­se wat sê daar is nie ’n fees­stem­ming nie.

“Ons pro­gram be­staan uit on­ge­veer 700 nom­mers en 2 500 op­tre­des en gra­tis ge­leent­he­de be­dags en saans, hand­werk­mark­te en uit­stal­lings. Daar is werk­lik iets vir al­mal.”

Die fees duur tot Son­dag 9 Ju­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.