Leeus se kop­pe en po­te af­ge­kap

3 op Lim­po­po­plaas ver­moe­de­lik ver­gif

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die slagting on­der leeus op wild­pla­se in Lim­po­po duur voort met nóg drie leeus wat dood ge­kry is.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê vei­lig­heids­wag­te op die plaas Ka­ree­fon­tein bui­te Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) het eer­gis­ter­og­gend op drie leeus, wat ver­moe­de­lik ver­gif­tig is, af­ge­kom.

Al drie se kop­pe en po­te is af­ge­kap.

N­goe­pe het ge­sê die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid het die ge­bied vir lei­dra­de ge­fyn­kam.

Daar is op ’n be­bloe­de mes af­ge­kom. Dit sal vir fo­ren­sie­se ont­le­ding ge­stuur word.

Dit is die hoe­veel­ste voor­val waar­in leeus in Lim­po­po se­dert ver­le­de jaar ver­gif­tig is en hul kop­pe, po­te en dik­wels ook hul ster­te af­ge­kap is.

Leeus se lig­gaams­de­le is ge­sog vir moe­tie.

Soort­ge­ly­ke voor­val­le is al bui­te T­za­neen, Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus), Gro­blers­dal, Mar­ble Hall en meer on­langs bui­te Vaal­wa­ter aan­ge­meld.

In laas­ge­noem­de ge­val is twee leeu­man­ne­tjies vroeg in Ju­nie in die E­mo­ya Big Cat Sanc­tu­a­ry ver­gif­tig voor­dat hul kop­pe en po­te af­ge­kap en hul vel af­ge­slag is.

Die leeus is deur A­ni­mal De­fen­ders In­ter­na­ti­o­nal (ADI) uit sir­kus­se ge­red en in ’n reu­se­red­dings­o­pe­ra­sie, wat wê­reld­wyd aan­dag ge­trek het, in Mei ver­le­de jaar van Pe­ru in SuidA­me­ri­ka na Suid-A­fri­ka ge­bring.

Jan C­re­a­mer, pre­si­dent van ADI, het toe ge­sê ’n vee­arts het be­vind die leeus is gif in­ge­gee.

Die man­ne­tjies, José en Li­so, was deel van ’n groep van 33 sir­kus­leeus wat per vlieg­tuig hier­heen ge­bring is.

In Ja­nu­a­rie van­jaar is drie leeus by T­za­neen eers met die land­bou­gif­stof al­di­karb, of­te­wel Te­mik, ver­gif­tig voor­dat hul­le ge­stroop is.

Stro­pers het die gif in stuk­ke vleis ge­sit wat hul­le oor die draad­hei­nings in die leeu­hok­ke in­ge­gooi het, het An­dré de Lan­ge, ei­e­naar van die Le­ta­ba Ri­ver Lod­ge, ge­sê.

Hy het ver­le­de jaar twee wit leeus op die­self­de ma­nier ver­loor.

Twee wit leeus is ook ver­le­de jaar by Mo­ko­pa­ne dood­ge­maak en ge­stroop.

De Lan­ge het ná die voor­val ver­le­de jaar ’n a­larm­stel­sel gein­stal­leer, maar die stro­pers het dit om­seil na­dat hul­le deur drie stel­le dra­de ge­knip het om by die leeu­kamp uit te kom.

Die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid in Lim­po­po is eer­gis­ter ook ont­bied na die Hlan­ga­na­ni­ge­bied bui­te Giy­a­ni waar ’n on­be­ken­de aan­tal bees­te dood­ge­maak is.

’n Man wat vroeg­og­gend in die veld in die Ma­sa­ko­na-ne­der­set­ting ge­stap het, het op die kar­kas­se af­ge­kom.

N­goe­pe het ge­sê daar is na­by die plek op ’n mo­tor be­slag ge­lê waar­in ne­ge bees­kop­pe ge­kry is.

Die ge­meen­skap het glo vroeg­og­gend, toe hul­le die mo­tor met die bees­kop­pe daar­in ge­sien het, daar­op toe­ge­sak en dit met klip­pe en stok­ke be­ska­dig.

Die po­li­sie soek na twee ver­dag­tes en die ei­e­naars van die ge­slag­te bees­te. Men­se met in­lig­ting oor die voor­val­le kan kol. Alphe­us Mo­ka­le van die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid by 082 565 6524 bel.

Be­slag is ge­lê op ’n mo­tor waar­in ne­ge bees­kop­pe was.

Een van die leeus wat op ’n wild­plaas bui­te Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) ver­gif­tig is. Die kop en po­te is af­ge­kap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.