Bran­de: Meer as 30 troe­tel­die­re nog soek

Beeld - - News - Jackie Kru­ger

Meer as 30 troe­tel­die­re word steeds ver­mis na­dat ver­woes­ten­de bran­de by­na ’n maand ge­le­de in Knys­na en om­lig­gen­de ge­bie­de uit­ge­breek het.

Die die­re sluit 24 kat­te en se­we hon­de in.

Die bran­de het op 7 Ju­nie uit­ge­breek en baie troe­tel­die­re word se­dert­dien ver­mis. Tal­le is ook dood ge­vind.

’n Op­ge­da­teer­de al­bum met fo­to’s van die ver­mis­te die­re ver­skyn op die Fa­ce­book-blad “Lost A­ni­mals in Knys­na Fi­res”.

Die fo­to’s word ge­deel met die Knys­na-die­re­wel­syns­or­ga­ni­sa­sie (Kaws) en die Tuin­roe­te-die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) in Ge­or­ge.

Die ver­mis­te die­re is af­kom- stig van ’n wye ge­bied, wat Ruig­te­vlei na­by R­hee­nen­dal en Wel­be­dacht bui­te Knys­na tot woon­buur­te soos Hun­ters Ho­me en Knys­na Heig­hts in Knys­na self in­sluit.

On­der die ver­mis­te die­re is Tan­go, die ge­lief­de hond van die John­ston-ge­sin van E­lands­kraal, na­by Ka­ra­ta­ra, wat op 7 Ju­nie in die bran­de om­ge­kom het.

To­ny John­ston, sy vrou, Ma­dré, en hul seun­tjie, Mi­cha­el (3), is dood toe hul­le op hul plaas Ka­lan­der­kloof deur rook oor­val is.

Tan­go, ’n staf­fords­hi­re-ter­ri­ër, word se­dert­dien ver­mis.

Em­ma van der Mer­we, Ma­dré John­ston se skoon­sus­ter, het die na­week weer na Tan­go gaan soek.

“On­ge­luk­kig het ons niks ge- kry nie,” sê sy.

Ook Leia, ’n wit-en-grys ge­streep­te kat van Ga­ry En­gel­brecht, het in Ou Kaap­se Weg in Knys­na ver­mis ge­raak.

“Ons moes ons huis die dag ont­ruim. Leia het weg­ge­hard­loop en ek kon haar nie ge­vang kry nie,” sê En­gel­brecht.

En­gel­brecht is sy huis in die bran­de kwyt en woon tans by vrien­de in R­hee­nen­dal.

Die kat Leia, wat op 7 Ju­nie ty­dens bran­de in Ou Kaap­se Weg in Knys­na ver­mis ge­raak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.