9 re­nos­ters ge­stroop; kom­mer oor 2 we­sies

Beeld - - News - C­har­né Kemp

Kom­mer heers oor die wel­stand van twee re­nos­ter­we­sies ná twee voor­val­le waar­in ne­ge re­nos­ters op ’n wild­plaas na­by Kim­ber­ley dood­ge­skiet en hul ho­rings ge­stroop is.

Agt re­nos­ters, waar­van se­we swaar drag­tig was, is waar­skyn­lik ver­le­de Woens­dag- of Don­der­dag­nag ge­stroop en nog een twee we­ke van­te­vo­re. Die jong­ste voor­val op die­self­de plaas is ver­le­de Don­der­dag­og­gend ont­dek.

Die we­sies is vol­gens die ei­e­naar, Pie­ter Els, Maan­dag ge­vang na­dat hul­le ná die voor­val weg­ge­hard­loop het.

Vol­gens Els het die re­nos­ter­tjies weg­ge­hard­loop na­dat die po­li­sie hul ma’s se kar­kas­se op­ge­sny het.

Els se wer­kers ver­sorg die we­sies tot­dat ’n or­ga­ni­sa­sie wat na re­nos­ter­we­sies om­sien hul­le mô­re kom haal.

“Hul­le was ge­sond toe ons hul­le ge­vind het, maar ge­stres. Ek het ken­ners ge­bel om te hoor wat­ter melk hul­le moet drink. Hul­le word in ’n warm ver­trek met kom­ber­se ver­sorg. Hul­le sal Don­der­dag (mô­re) na ’n plek van ver­sor­ging ge­neem word,” sê Els.

Na­dat Els Son­dag ’n fo­to van ’n ge­stroop­te re­nos­ter en ’n le­wen­de kalf op Fa­ce­book ge­plaas het, is meer as 300 kom­men­ta­re daar­by ge­plaas. Dit is ook 1 900 keer ge­deel.

Daar­in het be­kom­mer­de men­se ge­vra wat met die re­nos­ter­we­sies ge­beur het.

Twee or­ga­ni­sa­sies wat re­nos­ter­we­sies ver­sorg, het et­li­ke ke­re hul hulp op die Fa­ce­book­pla­sing aan­ge­bied.

Een van hul­le is Di­van Gro­bler van Sa­ving Pri­va­te R­hi­no in die Wes-Kaap.

“Ons kom ver­niet uit, on­der­soek en ver­sorg die we­sies, en as hul­le sterk ge­noeg is, sal ons hul­le na ons plek in die WesKaap neem en groot­maak. Ons sal hul­le te­rug­gee wan­neer hul­le groot is. Die diens is gra­tis.

“Ons ken­ners weet pre­sies wat om te doen. Die kal­wers moet uur­liks deur ken­ners be­kyk word om on­der meer hul tem­pe­ra­tuur en a­sem­ha­ling na te gaan. Re­nos­ter­we­sies in sul­ke om­stan­dig­he­de is ui­ters ge­stres en kan mak­lik dood­gaan.

“Die be­trok­ke kal­wers is so­wat drie maan­de oud, wat be­te­ken hul­le is wild. Dis ui­ters moei­lik om hul­le nou aan ’n mens ge­woond te maak om melk te drink.

“Die melk­for­mu­le moet kor­rek wees. Dié groot die­re is ui­ters sen­si­tief vir ver­an­de­ring. As die kalf die ver­keer­de melk of kos kry, kan hy ont­wa­ter en bin­ne dae dood­gaan.

“Die kalf moet in hi­gi­ë­nie­se toe­stan­de aan­ge­hou word en moet heel­tyds saam met ’n an­der dier of ’n mens wees.”

Fo­to: FA­CE­BOOK

Pie­ter Els het dié fo­to van een van sy ge­stroop­te re­nos­ters en ’n re­nos­ter­kalf op Fa­ce­book ge­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.