P­leis­ter spuit ent­stof teen griep in

Beeld - - News - El­sa­bé B­rits

’n P­leis­ter met piep­klein op­los­ba­re naald­jies wat grie­pent­stof pyn­loos in die vel af­le­wer, word ont­wik­kel.

Dié nu­we tegnologie is vei­lig en doel­tref­fend be­vind in die eer­ste fa­se van kli­nie­se toet­se op men­se.

Die s­tu­die wat deur die E­mory­u­ni­ver­si­teit en Ge­or­gia-in­sti­tuut vir Tegnologie in A­me­ri­ka ge­lei is, het pas in die vak­tyd­skrif The Lan­cet ver­skyn.

Die p­leis­ter het mi­kro­naald­jies en lyk baie soos ’n ni­ko­tien­pleis­ter. ’n Mens druk dit teen die vel en die naald­jies – wat uit die ent­stof be­staan – los op. Ná 20 mi- nu­te kan dit ver­wy­der word, sê die na­vor­sers.

Die voor­deel is dat dit vir ’n jaar op die rak­ke kan bly en ver­sprei kan word son­der dat dit soos die grie­pin­spui­ting in die ys­kas hoef te wees.

Die i­dee is dat men­se die pleis­ters uit­ein­de­lik by die ap­teek kan gaan koop en dit self kan toe­dien, pleks van ’n in­spui­ting kry.

Vol­gens The Lan­cet was daar ná ses maan­de geen ne­we-ef­fek­te nie en die men­se het ook nie griep ge­kry nie. Dit was eg­ter net die eer­ste fa­se van die kli­nie­se toet­se en net 100 men­se van 18 tot 49 is be­trek. Nog toet­se sal ge­doen word.

Dr. Na­di­ne Roup­ha­el van die E­mo­ry-u­ni­ver­si­teit, wat die s­tu­die ge­lei het, sê in ’n ver­kla­ring al is die aan­be­ve­ling dat men­se grie­pent­stof moet kry, kry baie dit nog nie. Die p­leis­ter sal dit vir hul­le mak­li­ker maak om dit self tuis te doen. Dit kan ook mak­lik weg­ge­gooi word om­dat dit nie ’n skerp voor­werp soos ’n naald is nie.

Fo­to: THE LAN­CET

So lyk die mi­kro­naald­ent­stof­pleis­ter wat grie­pent­stof in aan­vank­li­ke kli­nie­se toet­se vei­lig en doel­tref­fend toe­ge­dien het.

Fo­to: GE­OR­GIA­IN­STI­TUUT VIR TEGNOLOGIE

Die mi­kro­naald­ent­stof­pleis­ter word mak­lik en vin­nig aan­wend om die grie­pent­stof toe te dien en kan ná 20 mi­nu­te ver­wy­der word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.