DNS wys men­se het al vroe­ër ge­mi­greer

Beeld - - News - – El­sa­bé B­rits

Nu­we ge­ne­tie­se toet­se wys dat men­se baie vroe­ër uit A­fri­ka ge­mi­greer het na­dat hul DNS in ’n be­son­der ou Ne­an­der­dal­mens se fos­siel ge­kry is.

Dié na­vor­sing is gis­ter­mid­dag laat in die vak­joer­naal Na­tu­re Com­mu­ni­ca­ti­ons ge­pu­bli­seer deur na­vor­sers van die Max Planck-in­sti­tuut vir die We­ten­skap van Mens­li­ke Ge­skie­de­nis in Duits­land.

An­tie­ke mi­to­chon­drie­se DNS is ont­trek uit die fe­mur van ’n Ne­an­der­dal­mens. Dié fos­siel is reeds in 1937 in die HohlensteinS­ta­del-grot in Duits­land ge­vind. Die na­vor­sers het daar­in ge­slaag om die vol­le­di­ge mi­to­chon­drie­se ge­noom hier­uit saam te stel.

Vol­gens ’n ver­kla­ring het mi­to­chon­dria (e­ner­gie­sel­le) hul eie DNS wat van ’n ma na al haar kin­ders oor­ge­dra word. Dit word ge­bruik om her­koms te be­paal en daar kan ook so ge­sien word wan­neer stam­bo­me skei. Dit kan ook ge­bruik word – deur die mer­kers van her­koms te ei­en – om te kyk hoe­veel tyd ver­loop het se­dert twee in­di­vi­due ’n ge­meen­skap­li­ke voor­saat ge­had het. Dit is om­dat mu­ta­sies teen ’n voor­spel­ba­re koers voor­kom.

Die ont­le­ding het ge­toon dat Ne­an­der­dal­men­se wat in die be­trok­ke ge­bied in die suid­wes­te van Duits­land voor­ge­kom het so­wat 220 000 jaar ge­le­de gene van mo­der­ne men­se ge­kry het.

“Hier­die ho­mi­nie­de het voort­ge­plant met Ne­an­der­dal­lers wat reeds in Eu­ro­pa was en hul merk op die mi­to­chon­drie­se DNS ge­maak het. Die s­tu­die spoor die moont­li­ke da­tum vir die ge­beur­te­nis (kruis­te­ling) te­rug na tus­sen 470 000 en 220 000 jaar.”

Dit be­te­ken men­se het in dié tyd uit A­fri­ka ge­mi­greer en met an­der spe­sies ge­meng.

Die fe­mur wat ont­leed is, is so­wat 124 000 jaar oud, wat dit een van die oud­ste mon­sters maak waar­van die vol­le­di­ge mi­to­chon­drie­se DNS ont­leed is.

Mo­der­ne men­se het saam met Ne­an­der­dal­lers (wat so­wat 40 000 jaar ge­le­de uit­ge­sterf het) én ’n sus­ter­spe­sie, die De­ni­so­vans, ge­leef. ’n Ge­ne­tie­se a­na­li­se wat in 2015 ge­pu­bli­seer is, toon dat baie A­si­a­te af­stam­me­lin­ge is van mo­der­ne men­se wat met De­ni­so­vans voort­ge­plant het.

So­wat 6% van die ge­ne­tie­se sa­me­stel­ling van mo­der­ne men­se wat van Eu­ra­sië af­koms­tig is, be­staan weer uit ma­te­ri­aal wat van Ne­an­der­dal­lers ge­ërf is.

Die na­vor­sing is ver­le­de jaar in die A­me­ri­can Jour­nal of Hu­man Ge­ne­ti­cs ge­pu­bli­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.