Hluhlu­we: Veld­wag­ters kry 6 kar­kas­se

Beeld - - News - – E­li­se Tem­pel­hoff

Veld­wag­ters van die Hluhlu­weiM­fo­lo­zi-na­tuur­re­ser­vaat, die oud­ste in Suid-A­fri­ka en die ba­ker­mat van die wit­re­nos­ter, het eer­gis­ter­og­gend op die kar­kas­se van ses van dié die­re in die M­bu­za­ne-deel van die re­ser­vaat af­ge­kom.

Dit bring die ge­tal re­nos­ters wat se­dert be­gin van­jaar in dié re­ser­vaat ge­stroop is op 115 te staan.

Mu­sa Mn­tam­bo, woord­voer­der van E­zem­velo, K­waZu­lu-Na­tal se be­wa­rings­o­wer­heid, het gis­ter ge­sê ’n groep van ses swaar­ge­wa­pen­de stro­pers was ver­moe­de­lik Son­dag­aand in die re­ser­vaat.

Be­soe­kers het om­streeks 22:00 glo 11 sko­te ge­hoor.

Vol­gens Mn­tam­bo het veld­wag­ters ge­sê hul­le het ook sko­te ge­hoor. Hul­le het in die don­ker na die stro­pers ge­soek, maar eers eer­gis­ter­og­gend op die ses re­nos­ter­kar­kas­se af­ge­kom.

Mn­tam­bo sê die po­li­sie het die mis­daad­to­neel be­soek en volg lei­dra­de op.

139 re­nos­ters is se­dert be­gin van­jaar in K­waZu­lu-Na­tal ge­stroop, het Mn­tam­bo be­ves­tig.

Die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie (NRO) Con­ser­va­ti­on Acti­on Trust (Cat) be­rig stro­pe­ry in K­waZu­lu-Na­tal het dras­ties toe­ge­neem se­dert die pro­vin­sie sy be­gro­ting vir be­wa­rings­i­ni­si­a­tie­we en teen­stro­pings­een­he­de dras­ties ge­sny het.

So­wat 84% van E­zem­velo se be­wa­rings­be­gro­ting word aan sa­la­ris­se be­stee.

Die NRO Sa­ve Our R­hi­no het Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, erg ge­kri­ti­seer om­dat sy nog geen na­si­o­na­le sta­tis­tie­ke oor re­nos­ter­stro­pe­ry be­kend ge­maak het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.