Voor­ge­no­me slaag­ver­eis­tes glo net vir raad­ple­ging

Beeld - - News - Mal­her­be Nie­na­ber

Die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys gaan met ken­ners, ter­si­ê­re in­stel­lings en die pu­bliek kon­sul­teer oor ver­an­de­rin­ge aan die slaag­ver­eis­tes op skool.

Een voor­stel is dat die slaag­ver­eis­tes in die se­ni­or fa­se (gr. 7 tot gr. 9) ver­an­der word tot 40% vir min­stens vier vak­ke (waar­van een die huis­taal is) en 30% vir e­ni­ge an­der vier vak­ke en dat wis­kun­de nie ver­eis word nie. Vol­gens die de­par­te­ment het die slaag­ver­eis­tes van 40% vir wis­kun­de en 50% vir die huis­taal ’n na­de­li­ge uit­wer­king.

Die de­par­te­ment het eer­gis­ter in ’n ver­kla­ring be­na­druk die voor­stel­le is slegs ’n “kwes­sie vir be­spre­king” in die de­par­te­ment en vir oor­leg­ple­ging met die pu­bliek.

Die voor­ge­stel­de wy­si­gings hou tred met die hui­di­ge ver­eis­tes vir ver­de­re on­der­wys en op­lei­ding.

In 2011 is die na­si­o­na­le kur­ri­ku­lum­ver­kla­ring vir gr. R tot gr. 12 goed­ge­keur en is nu­we slaag­ver­eis­tes ge­stel, maar dit het nie ge­strook met die ver­eis­tes vir die na­si­o­na­le se­ni­or­ser­ti­fi­kaat nie. Daar­om moet die slaag­ver­eis­tes vir die grond­slag­fa­se (gr. R tot gr. 3), in­ter­me­di­ê­re fa­se (gr. 4 tot gr. 6) en se­ni­or fa­se (gr. 7 tot gr. 9) nou ver­an­der word.

Vol­gens die de­par­te­ment is dit dui­de­lik uit die ver­to­ning mid­del 2014 dat die ver­eis­tes ’n “on­guns­ti­ge uit­wer­king” op leer­lin­ge se werk­ver­rig­ting het.

Om die uit­wer­king van die stren­ger ver­eis­tes op leer­lin­ge in die se­ni­or fa­se te ver­sag, het die de­par­te­ment in 2015 toe­ge­laat dat pun­te aan­ge­pas word.

In 2016 is ’n “bui­ten­ge­wo­ne toe­ge­wing” ook ge­doen aan leer­lin­ge wat al­le an­der vak­ke ge­slaag en min­stens 20% in wis­kun­de be­haal het so­dat hul­le die jaar kon slaag.

Die de­par­te­ment het eer­gis­ter ge­sê hy ver­werp be­spie­ge­ling dat die slaag­ver­eis­tes vir gr. 10 en gr. 11 ook ge­wy­sig gaan word.

Fo­to: JA­CO MARAIS

Die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys gaan ’n uit­ge­brei­de kon­sul­ta­sie­pro­ses met ken­ners, ter­si­ê­re in­stel­lings en die pu­bliek volg oor voor­stel­le om die slaag­ver­eis­tes te wy­sig.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.