Hoe ge­maak in pop­pe­te­a­ter van ma­ni­pu­le­ring?

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Toe ek die fo­to sien waar­op die ANC-ve­te­raan Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la, p­res. Ja­cob Zu­ma en adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa vrien­de­lik-lag­gend “hand­jies te­sa­me” staan by die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg, was Ge­or­ge Or­well se woor­de op­eens toe­pas­lik: “Po­li­ti­cal lan­gua­ge (soos ook fo­to’s dit uit­druk) is de­sig­ned to ma­ke lies sound trut­hful and to gi­ve an ap­pea­ran­ce of so­li­di­ty to pu­re wind.”

Dié fo­to, deur Beeld se Deaan Vivier, is ’n vi­su­e­le voor­beeld van Or­well se Newspeak (ook ge­noem “dou­blespeak”) en ’n he­le rits ver­wan­te he­den­daag­se be­grip­pe: spin, post­waar­heid, fop­nuus en dit wat die T­sjeg­gie­se skry­wer Mi­lan Kun­de­ra i­ma­go­lo­gie noem.

Te­sa­me het dié din­ge ’n kan­ker in die weef­sel van die sa­me­le­wing ge­word.

Want wat dié be­grip­pe ge­meen het, is die ver­moë om we­tend en on­we­tend te lieg en daar­mee weg te kom; in­lig­ting se­lek­tief aan te wend om ’n be­paal­de a­gen­da te dien en in die pro­ses ge­vaar­li­ke denk­fou­te en il­lu­sies te fa­bri­seer; mis­lei­dings om die slui­er oor on­be­voegd­heid, kor­rup­sie en brou­werk te trek, en om die skyn van sorg­saam­heid teen­oor men­se te skep.

Vin­ta­ge Ma­chi­a­vel­li, wil ’n mens sê.

En wie is die skul­di­ges? Ve­le po­li­ti­ci, self­die­nen­de amp­te­na­ry en par­ty­di­ge joer­na­lis­tiek. Daar­om is die po­li­tiek van ons tyd ’n in­sui­gen­de, glib­be­ri­ge taal­moe­ras.

Had die an­tie­ke fi­lo­soof A­ri­sto­te­les van­dag ge­leef, sou hy die skul­di­ges ge­kas­ty het oor hul mo­re­le swak­ke­ling­skap. Son­der deug­de soos moed, self­be­heer­sing, ruim­har­tig­heid, reg­ver­dig­heid en waar­heids­lie­wen­heid, sê A­ri­sto­te­les, “raak sul­ke men­se van hul ver­stand af en ge­dra hul­le soos men­se wat aan die slaap, gek of dronk is”.

Ma­ni­pu­leer­ders in die taal­moe­ras ver­tel aan ’n na­ïe­we bur­ge­ry hoe die werk­lik­heid is, hoe hul­le daar­oor moet dink, en hul­le skryf voor hoe hul­le moet op­tree. Dit gaan saam met slag­spreuk­den­ke soos dit blyk uit baie po­li­ti­ci se toe­spra­ke en die so­si­a­le me­dia.

Die een­vou­di­ge toets aan die hand waar­van e­ni­ge “teks” vir diep­gang en vor­men­de be­te­ke­nis ge­toets kan word, word sel­de ge­doen: Wie sê (of skryf) wat, aan wie, in wat­ter kon­teks, met wat­ter be­doe­ling en met wat­ter ge­vol­ge?

Hel­der ont­le­den­de den­ke en kri­tie­se be­rig­ge­wing en kom­men­taar vol­gens sul­ke denk­re­ëls is seld­saam en word dik­wels af­ge­maak as ’n luuk­se tyd­ver­dryf vir kam­ma-in­tel­lek­tu­e­le wat te veel tyd het en on­in­ge­lig is oor wat in die “werk­li­ke wê­reld” saak maak.

’n Groot deel van die bur­ge­ry se on­be­trok­ken­heid by en gevoelens van mag­te­loos­heid oor land­sa­ke kom uit hul ver­moe­de dat hul­le toe­skou­ers in ’n e­nor­me pop­pe­te­a­ter van ma­ni­pu­le­ring is. Daar­om ont­trek hul­le na die klein en be­nou­en­de ruim­tes van ei­land­jies van ei­e­be­lang.

An­der be­hou die skyn van deel­na­me deur hul twie­ten­de woordwaan­sin in die so­si­a­le me­dia – ’n “stem” en ’n “plek­kie” vir hul be­droe­wen­de op­per­vlak­ki­ge in­sig­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.