P­res. Zu­ma is nes ko­ning A­gab

Beeld - - Kommentaar - An­sa, Vry­staat

El­ke dag word ons deur die een of an­der skry­wer of po­li­tie­ke ont­le­der ge­waar­sku: In­dien ons nie op­tree nie, gaan die ANC ons land ge­heel en al uit­ver­koop.

Nou gun my, as ’n be­las­ting­be­ta­ler en ge­re­gis­treer­de kie­ser, om my kant van die saak te stel.

P­res. Ja­cob Zu­ma laat my dink aan ko­ning A­gab van die By­bel.

Hy het al­les ge­had, maar was nog nie te­vre­de nie. Hy het ook Na­bot se win­gerd be­geer, wat die soet­ste wyn ver­vaar­dig het. Na­bot het eg­ter ge­wei­er om die win­gerd te ver­koop en A­gab se vrou, I­se­bel, het ge­kon­kel om Na­bot te laat ver­moor.

Wat A­gab eg­ter ver­geet het, is dat jy uit ’n tros drui­we die soet­ste wyn kan tap, maar ook die suur­ste a­syn kan maak.

Die ANC het al die “win­ger­de” oor­ge­neem en die sleg­ste wyn daar­van ge­maak.

Hul­le be­skik nie oor die kun­dig­heid om ge­dul­dig te wag dat die gis­pro­ses vol­tooi word nie.

Die ANC en men­se soos Ju­li­us Ma­le­ma wil al­les nóú hê, maak nie saak wat die ge­vol­ge is nie.

Na­bot se win­gerd, of­te­wel Suid-A­fri­ka en al sy hulp­bron­ne, móét in hul be­sit wees.

P­res. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.