Moet dok­ters nie al­tyd bla­meer nie

Beeld - - Kommentaar - An­sie Pot­gie­ter

My spe­si­a­lis-skoon­seun, wat die top­stu­dent in sy jaar­groep by Tuks was, sê jy kan die­self­de o­pe­ra­sie op die­self­de ma­nier op twee ver­skil­len­de men­se uit­voer en die een kan suk­ses­vol wees, maar by die an­der een kan daar kom­pli­ka­sies in­tree.

Soms is die re­de nie dui­de­lik nie, maar baie fak­to­re hang ook van die pa­si­ënt af.

Rook, vet­sug, ’n swak im­muun­stel­sel en an­der on­der­lig­gen­de me­die­se kwa­le kan die uit­ein­de ook be­ïn­vloed.

Moet dus nie al­tyd die dok­ters die skuld gee nie; hul­le streef te al­le tye na die bes­te moont­li­ke re­sul­taat vir die pa­si­ënt.

Hul­le werk net met wat hul­le kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.