Ma­sjien­ko­lo­ni­a­lis­me

Dit is moei­lik om voor­spel­lings te waag. Maar die o­pen­ba­re ge­sprek oor ’n toe­koms waar­in ma­sjie­ne al hoe meer werk gaan doen en gro­ter glo­ba­le on­ge­lyk­heid wag, fas­si­neer hom, skryf An­dries Bezuidenhout.

Beeld - - Middelblad -

Hoe gaan Suid-A­fri­ka in die jaar 2047 lyk? Dis moei­lik om voor­spel­lings te maak. Die laas­te tyd is daar eg­ter ’n o­pen­ba­re ge­sprek oor moont­li­ke toe­komssce­na­rio’s vir werk en ar­beid.

Die men­se wat daaraan deel­neem, is van die ryk­stes ter wê­reld en die toe­koms­vi­sie wat hul­le ver­woord, is veel pro­gres­sie­wer as die stand­pun­te van die mees­te hoof­stroom­po­li­ti­ci.

Ver­beel jou dít: Ka­pi­ta­lis­te is meer be­sorg oor e­ko­no­mie­se on­ge­lyk­heid as po­li­ti­ci. Toe­ge­gee, ons praat nie van al­le ka­pi­ta­lis­te nie, maar van ’n spe­si­fie­ke groep en­tre­pre­neurs wat op die voor­punt van teg­no­lo­gie­se ont­wik­ke­ling is.

Ek het al ge­skryf oor Elon Musk, een van die ont­wik­ke­laars van voer­tuie wat hul­self met be­hulp van kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie be­stuur.

Musk se ar­gu­ment is dat kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie so­veel be­roe­pe gaan ver­vang dat die wê­reld waar­skyn­lik met ’n mas­sie­we werk­loos­heids­pro­bleem gaan sit.

Men­se soos Musk en Bill Ga­tes, me­de­stig­ter van Mi­cro­soft, voer aan dat daar in die toe­koms ’n u­ni­ver­se­le ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag be­hoort te wees wat die staat kan fi­nan­sier deur belasting te hef op die soort tegnologie wat men­se van hul werk be­roof.

In Fin­land en Ka­na­da word s­tu­dies reeds ge­doen om te be­paal wat die voor- en na­de­le van ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag in die prak­tyk sou wees.

Ver­le­de week het die e­nig­ma­tie­se waag­ka­pi­ta­lis Kai-Fu Lee ’n op­spraak­wek­ken­de ar­ti­kel in The New York Ti­mes ge­skryf.

Lee het sy dok­tors­graad oor stem­her­ken­ning­sag­te­wa­re ge­doen en la­ter uit­voe­ren­de pos­te by Google, Mi­cro­soft en Ap­ple be­klee.

Lee, ’n Tai­wan­nees wat tans in C­hi­na woon, stem nie saam dat daar nood­wen­dig ’n tyd sal kom dat re­ke­naars slim­mer as men­se sal word en ons dan sal be­heer nie.

Hy skryf: “Die kuns­ma­ti­ge-in­tel­li­gen­sie­pro­duk­te wat nou be­staan, vor­der baie vin­ni­ger as wat die mees­te men­se be­sef en be­loof om ons wê­reld ra­di­kaal te om­vorm, nie al­tyd ten goe­de nie. Dit is net in­stru­men­te, nie ’n me­de­din­gen­de vorm van in­tel­li­gen­sie nie. Dit gaan eg­ter die be­te­ke­nis van werk en hoe wel­vaart ge­skep word, ver­an­der wat tot on­ge­ken­de e­ko­no­mie­se on­ge­lyk­heid en selfs ’n ver­an­der­de glo­ba­le mags­ba­lans kan lei.”

Lee ver­dui­de­lik dat kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie e­nor­me hoe­veel­he­de in­lig­ting op ’n se­ke­re ge­bied kan ge­bruik om be­slui­te te neem. Hy noem dit “spre­ads­heets on ste­roids”.

Ie­mand se kre­diet­ge­skie­de­nis, as­ook ’n he­le ka­boe­del an­der in­lig­ting, kan ge­bruik word om be­slui­te oor die toe­staan van per­soon­li­ke le­nings te neem. Geen mens, het­sy met fe­no­me­na­le op­lei­ding of selfs ont­wik­kel­de vlak­ke van in­tu­ï­sie, kan by sul­ke so­fis­ti­ka­sie kers vas­hou nie.

Sul­ke kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie se toe­pas­sings­moont­lik­he­de word ui­ter­aard op ve­le an­der ge­bie­de ont­wik­kel en daar is ’n he­le aan­tal be­roe­pe wat waar­skyn­lik deur sag­te­wa­re ver­vang gaan word – bank­kas­sie­re, mid­del­be­stuur­ders, re­ken­mees­ters en dies meer.

Die kom­bi­na­sie van dié sag­te­wa­re met ou­to­no­me en se­mi-ou­to­no­me har­de­wa­re sal waar­skyn­lik ook an­der pos­te ver­vang – Lee noem fa­brieks­wer­kers, kon­struk­sie­wer­kers, af­le­we­raars en dies meer as voor­beel­de.

In an­der s­tu­dies word selfs voor­spel dat chi­rur­ge deur ro­bot­te ver­vang kan word.

Lee se ar­gu­ment is dat dié re­vo­lu­sie, an­ders as die Ny­wer­heids­re­vo­lu­sie en die re­ke­naar­re­vo­lu­sie, werk­ge­leent­he­de eer­der ge­heel en al gaan uit­wis as om nu­we ge­leent­he­de te skep. Dít geld han­de­ar­beid so­wel as som­mi­ge ho­ër werk­vlak­ke.

In die ver­le­de kon ’n vak­man ’n fa­brieks­wer­ker word of ’n tik­ster ’n da­ta­p­ro­gram­meer­der, maar kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie sal se­ke­re mens­li­ke ta­ke en ver­mo­ëns heel­te­mal kan ver­vang.

Lee ge­bruik U­ber as voor­beeld. Die oom­blik dat U­ber son­der be­stuur­ders kan klaar­kom, sal die maat­skap­py waar­skyn­lik ’n on­ge­ken­de wins kan maak. So ook sal ver­vaar­di­gings­maat­skap­pye fa­brie­ke son­der roe­ti­ne­wer­kers met hul vak­bon­de, siek­te­ver­lof, pen­si­oen­fond­se en sta­kings kan be­dryf – e­ni­ge ka­pi­ta­lis se droom!

Wat gaan eg­ter van al die werk­lo­se men­se word? En as so­veel men­se deur ma­sjie­ne ver­vang word, wie gaan die ver­brui­kers van die goe­de­re wees wat die wer­ker­lo­se fa­brie­ke so doel­tref­fend ver­vaar­dig?

Die lo­gie­se ge­volg, be­weer Lee, is on­ge­ken­de on­ge­lyk­heid en ’n e­ko­no­mie­se kri­sis. Dit kan net deur ’n te­rug­keer van Key­ne­si­aan­se e­ko­no­mie­se be­gin­sels han­teer word waar­in die staat deur die her­ver­de­ling van ryk­dom die vraag na goe­de­re en diens­te sti­mu­leer.

Soos Musk en Ga­tes dink Lee ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­laag is ’n goeie i­dee.

Die staat moet be­las­tings op maat­skap­pye hef en ’n in­kom­ste, on­ge­ag die bur­gers se sta­tus in die ar­beids­mark, deur mid­del van die wel­syns­be­de­ling oor­be­taal.

Lee wil eg­ter hê dat dié toe­lae ge- kwa­li­fi­seerd moet wees en aan werk ge­kop­pel moet word wat nut­tig vir die sa­me­le­wing is – die soort werk wat ons nou as wel­sy­nen vry­wil­li­ger­s­werk sien.

Tegnologie sal by­voor­beeld baie be­ter as dok­ters wees om siek­tes te di­ag­no­seer en selfs om o­pe­ra­sies uit te voer, maar kan nie die e­mo­si­o­ne­le werk doen om aan ie­mand te kom­mu­ni­keer dat hy aan ’n ter­mi­na­le siek­te ly nie.

Daar­voor sal men­se al­tyd no­dig wees.

Tot dus­ver maak Lee nie juis nu­we pun­te nie – Musk en Ga­tes lees hul woor­de min of meer uit die­self­de fu­tu­ris­tie­se draai­boek.

Waar ek Lee se in­sig­te nog­al in­te­res­sant en dalk uit­da­gen­der vind, is met die punt wat hy oor wê­reld­wye on­ge­lyk­heid maak.

Nie al­le lan­de sal maat­skap­pye kan be­las om ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­lae te be­taal nie, skryf hy, om­dat die maat­skap­pye wat op die voor­punt van kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie is, hoof­saak­lik in twee lan­de ge­se­tel is, naam­lik die VSA en C­hi­na.

C­hi­na is op die voor­punt van stem­her­ken­ning (iF­ly­tek) en ge­sigs­her­ken­ning (Meg­vii en Sen­seTi­me). Die VSA is voor met ou­to­no­me voer­tuie (Google, Te­sla en U­ber).

Wat in­ter­net­ge­bruik be­tref, is daar se­we A­me­ri­kaan­se en C­hi­ne­se maat­skap­pye wat die mark be­heer en kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie ge­bruik (Google, Fa­ce­book, Mi­cro­soft, A­ma­zon, Bai­du, A­li­ba­ba en Ten­cent).

Die suk­ses van kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie gaan by uit­stek oor wie eer­ste die mees­te in­lig­ting kan be­kom en dan daar­die in­lig­ting ge­bruik om nu­we pro­duk­te te ont­wik­kel en meer in­lig­ting te be­kom. Dis on­waar­skyn­lik dat an­der lan­de juis ’n uit­da­ging gaan kan bied.

Lee se vi­sie is nog­al don­ker. Die nu­we e­ko­no­mie se wins gaan hoof­saak­lik deur A­me­ri­kaan­se en C­hi­ne­se maat­skap­pye ge­skep word wat daar­die lan­de in staat sal stel om die soort Key­ne­si­aan­se be­gin­sels te volg wat Lee, Musk en Ga­tes voor­staan.

Die in­vloed van die tegnologie gaan eg­ter in al­le lan­de ge­voel word – o­ral gaan daar min­der for­me­le werk­ge­leent­he­de wees. Son­der ’n be­las­ting­ba­sis sal die mees­te lan­de nie ’n ba­sie­se in­kom­ste­toe­lae kan be­kos­tig nie. Lan­de met hoë vlak­ke van be­vol­kings­groei sal bloot meer werk­loos­heid en ar­moe­de pro­du­seer.

Die res van die wê­reld sal waar­skyn­lik op die een of an­der ne­o­ko­lo­ni­a­le ma­nier (my ter­mi­no­lo­gie – Lee stel dit nie so kras nie) aan óf die VSA óf C­hi­na ver­bind moet word as hul­le wil oor­leef.

Lee skryf: “Be­hal­we as lan­de hul men­se in ar­moe­de wil dom­pel, sal hul­le ge­noop wees om met wat­ter land ook al die mees­te van hul kuns­ma­ti­ge-in­tel­li­gen­sie­sag­te­wa­re ver­skaf – C­hi­na of die VSA – te on­der­han­del. Dit is om ba­sies daar­die land se e­ko­no­mie­se af­hank­li­ke te word, om wel­syn­sub­si­dies te ruil vir die toe­gang van die ‘ou­er’ land se kuns­ma­ti­ge-in­tel­li­gen­sie­maat­skap­pye tot wins uit die land se ge­brui­kers.”

Ek is nie se­ker wat om van Lee se vi­sie te dink nie. Ho­pe­lik is hy ver­keerd, ten min­ste wat die don­ker­der deel van sy voor­spel­lings be­tref. As hy nié ver­keerd is nie, is M­cKin­sey A­fri­ka se na­vor­sing oor C­hi­ne­se be­leg­gings in A­fri­ka, waar­oor Fin24 ver­le­de week ver­slag ge­doen het, se­ker toe­pas­lik. Ter plaat­se sal ons waar­skyn­lik in die toe­koms eer­der noord­oos as noord­wes vir ne­o­ko­lo­ni­a­le moont­lik­he­de moet kyk.

Vol­gens die na­vor­sing is C­hi­na nou A­fri­ka se groot­ste han­dels­ven­noot, veel gro­ter as die VSA, In­dië, Frank­ryk of Duits­land.

In Suid-A­fri­ka groei C­hi­ne­se be­leg­gings teen 56% per jaar. Teen die hui­di­ge koers sal C­hi­na bin­ne­kort A­fri­ka se groot­ste bui­te­land­se be­leg­ger wees.

Prof. Bezuidenhout is ’n so­si­o­loog ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.