Mid­del­blad

Dié da­de nie mens­lik óf dier­lik, dis boos

Beeld - - Middelblad -

Een van die be­gin­sels wat stryk­deur in die By­bel voor­kom, is dat ’n mens se han­del en wan­del ver­klap wie die groot­ste in­vloed in jou le­we het: God of die Bo­se.

Je­sus ver­ál het sterk hier­op klem ge­lê. Hy het on­der meer die beeld van bo­me en vrug­te ge­bruik en ge­sê ’n boom word aan sy vrug­te ge­ken (Matt. 12:33) en dat ’n goeie boom nie sleg­te vrug­te dra nie en ’n sleg­te boom nie goeie vrug­te nie (Matt. 7:18).

Die laas­te tyd het ek toe­ne­mend hier­aan ge­dink na­ma­te daar dag ná dag af­grys­li­ker en wre­der da­de aan die lig kom – da­de so on­mens­lik dat dit nie an­ders as “boos” be­skryf kan word nie.

Som­mi­ge ont­ken die re­a­li­teit van die Bo­se, maar sy in­vloed en wer­ke spreek van­self.

Dit be­te­ken nie dat die mens van sy eie ver­ant­woor­de­lik­heid ont­hef kan word deur die blaam na die dui­wel te ver­skuif nie.

Wat moet ’n mens sê van ie­mand (soms ’n ou­er sélf) wat ’n klein kind­jie aan­rand, ver­krag en selfs ver­moor? Som­mi­ge be­skryf dit as dier­lik. Nee! Die­re doen dit nie! Dis nie dier­lik nie, dis ook nie mens­lik nie, dis de­mo­nies, dis boos!

Daar is dees­dae toe­ne­mend die on­ver­staan­ba­re op­tre­de waar on­te­vre­de be­to­gers to­taal ir­ra­si­o­neel op­tree, ber­serk raak en self­ver­nie­ti­gend op­tree, hul eie sko­le, kli­nie­ke, bi­bli­o­te­ke en ge­meen­skap­sa­le af­brand en selfs nood­diens­wer­kers aan­val en be­roof.

Dit laat my dink aan die be­se­te­ne van Ga­dara se self­ver­nie­ti­gen­de ge­drag toe hy hom­self met klip­pe stuk­kend ge­slaan het.

Wan­neer ’n mens daag­liks hoor van aan­val­le op on­skul­di­ge men­se – ook in plaas­aan­val­le – en hoor van die wre­de, on­mens­li­ke wreed­heid en mar­te­ling wat so ge­reeld daar­mee ge­paard­gaan, be­ves­tig dit die re­a­li­teit van die Bo­se.

’n Dier maak sy prooi dood om te oor­leef, maar ’n mens wat dit aan ’n me­de­mens doen, is on­der be­heer van dié een van wie Je­sus in Joh. 10:10 sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te ver­woes.”

God is die Bron van le­we en hoop, Sa­tan is die Ver­woes­ter, die Groot B­re­ker.

Wat mo­ti­veer ’n mens om op­set­lik ’n brand te stig wat die na­tuur in puin laat, men­se se le­we en ei­en­dom ver­woes en die­re ver­mink?

Van leu­ens, be­drog, kor­rup­sie en diefstal het Suid-A­fri­ka al ’n oor­do­sis ge­had. Dit kom voor op al­le vlak­ke.

On­ge­luk­kig word die voor­beeld en trant daar­van deur som­mi­ge in die hoog­ste ge­stoel­tes van ons land ge­stel.

Daar gaan feit­lik nie ’n dag ver­by dat daar nie nu­we en bla­tan­ter kor­rup­sie en leu­ens be­kend word nie.

Dit laat my nog­al dink aan Je­sus se woor­de in Joh. 8:44:

“Jul­le het die dui­wel as va­der, en die be­geer­tes van jul­le va­der wil jul­le doen. Hy . . . staan nie in die waar­heid nie, om­dat daar in hom geen waar­heid is nie.”

Se­ker­lik speel se­ke­re maat­skap­li­ke fak­to­re, as­ook pa­te­tie­se lei­er­skap, ’n be­lang­ri­ke rol in Suid-A­fri­ka se kri­sis­se, cha­os en el­len­de, maar die on­na­tuur­li­ke en on­der­lig­gen­de boos­heid kan kwa­lik mis­ge­kyk word. I­sak Bur­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.