Goeie Nuus

God het jou reeds ge­vind

Beeld - - Mid­del­blad -

“Gaan vind jou­self.”

Soms sê ou­ers dit vir hul­le kin­ders ná skool. Ek won­der hoe­kom?

Het ou­ers dalk ver­geet dit is deel van hul roe­ping om hul­le kin­ders se i­den­ti­teit te help vorm tot eer van God? Nee, ou­ers is nie ti­ran­ne wat hul­le wil of i­dees af­dwing op hul fa­mi­lies nie. Maar hul­le is ook nie pas­sie­we toe­skou­ers wat hul kin­ders maar net laat be­gaan nie.

By ou­ers moet kin­ders leer van in­te­gri­teit, eer­lik­heid en lief­de vir die He­re. Ou­ers om­skep hul hui­se in vei­li­ge spa­sies waar daar oor God en die le­we ge­praat word. Hul­le bid ge­du­rig vir hul kin­ders en ook saam met hul­le.

In hier­die pro­ses leer kin­ders by hul ou­ers dat lief­de vir God en re­spek vir an­der men­se die se­ment vir ’n ge­son­de ka­rak­ter is. Al le­ren­de vind hul­le hul­self ter­wyl hul­le be­sef God het hul­le eer­ste ge­vind.

Vanuit hier­die vas­te in­ner­li­ke we­te van wie hul­le is voor die He­re leer hul­le om die le­we reg te leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.